Lorem Ipsum is simply dummy text of the printing and typesetting industry. Lorem Ipsum has been the industry's standard dummy text ever since the 1500s
listen to RSG Nuus en Aktualiteit
Politiek: Die DA se uitdagings in 2026
Die stof wil net nie gaan lê rondom die DA se afgedankte Minister van Omgewingsake, Dion George nie. Die jongste is dat George se opvolger, Willie Aucamp pas 'n saak by die Openbare Beskermer teen hom aanhangig gemaak het. Die OB is gevra om George se gedrag tydens sy laaste dae as minister te ondersoek. Aucamp beskuldig sy voorganger van die misbruik van regerings-hulpbronne asook n vervalsde fluitjeblaser-verslag oor Aucamp se betrokkenheid by 'n onwettige leeu-boerdery onderneming. Ons het met die politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit se sakeskool, Prof Pieter Croucamp gepraat hieroor en ook oor of die DA in 'n sterker posiesie is as lid van die RNE pleks van slegs n opposisie party.
Watse Ekonomie lê op die horison vir 2026?
Luidens die jongste data deur die Sentrale Energiefonds kan motoriste in 2026 uitsien na noemenswaardige brandstofprys-verligting. Die petrolprys sal na verwagting met tussen 46 en 51 sent per liter daal, terwyl dieselgebruikers 'n meer dramatiese verlaging van 124 tot 136 sent per liter kan verwag. Die prys van paraffien daal met R1 'n liter. Die nuwe pryse tree op Woensdag, 7 Januarie in werking. Monitor het vir Waldo Krugel, 'n professor in Ekonomie aan Noordwes Universiteit gepols hieroor en ook gevra oor die ekonomiese voortuitsigte vir 2026.
Die Temple Boys maak hul merk by Rolprentfees
Die dokumentêr "Gham ,ons het lyn" vertel die storie van die musiekgroep, "die Temple Boys" wat in Ravensmead op die Kaapse vlakte grootgeword het. Dié fliek is onlangs by die "Africa Rising Internasionale Rolprentfees" vertoon, nadat dit sy debuut vroeër die jaar by die Silwerskermfees gemaak het. Tydens die Silwerskermfees het Anna-Marie Jansen van Vuuren met die 'Templeboys' gepraat oor hoe hulle musiek die 'kullid kultuur' vier.
"Net n Kwessie van tyd voor Zama-Zama meesterbreine vasgetrek word"
Die nuutgestigde misdaadbestrydingspan wat ingryp om onwettige mynbou in die Bapong-gebied in Noordwes hok te slaan, het reeds meer as 20 verdagtes in hegtenis geneem tydens operasies in Sarajevo, Legalao-peng en Modderspruit. Die onwettige chroom-mynbedrywighede het onlangs eers die nuus gehaal, maar die gemeenskap daar leef reeds vir ‘n geruime tyd in vrees weens die lewensgevaarlike, onwettige bedrywighede. Volgens Noordwes se polisiewoordvoerder Kolonel Adéle Myburgh trek die strop nouer om die nekke van meesterbreine agter die bedrywighede.
‘n Kind moet eerder ‘n graad herhaal as om oorgeplaas te word
'n Nuwe studie deur die Universiteit Stellenbosch het bevind dat laerskoolleerlinge wat grade herhaal, beter presteer as dié wat na die volgende graad bevorder of oorgeplaas word. Die navorsing is in ses provinsies gedoen onder Graad 1 en Graad 4-leerlinge wat onderpresteer en dié wat net-net deurkom. Die bevindinge is daarna met mekaar vergelyk. Ros Clayton van die US se Navorsingsgroep oor Sosio-Ekonomiese Beleid het die studie gelei. Emeritus professor in opvoedkunde aan die Universiteit Stellenbosch, Michael le Cordeur verduidelik hoekom hy met die navorsing saamstem.
”Dis skokkend dat Amerika hier in Suid Afrika visum-wette kan oortree”
So sê die politieke ontleder aan die Universiteit van Pretoria, Roland Henwood veral as mens in ag neem dat die Trump Administrasie so steng optree hieroor in die VSA. Die Amerikaanse regering vra nou klarigheid oor wat by sy vlugteling registrasie-sentrum in Johannesburg gebeur het, nadat die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake eergister 'n klopjag daar uitgevoer het. Die dokumente van Suid-Afrikaners, wat aansoek doen om vlugtelingstatus in die VSA, word by die sentrum verwerk. Volgens berigte is Amerikaanse beamptes, wat by die sentrum werk, vlugtig aangehou is. Sewe Keniane wat onwettig by die fasilteit gewerk het, het hulself gistermiddag uit Suid-Afrika laat deporteer.
Die Wes-Kaap polisie word steeds deur bendegeweld oorweldig.
Die Wes-Kaapse kwartaallikse misdaadsyfers vir die tydperk tussen Julie en September is gister bekendgemaak. Afpersing, bende- en taxigeweld is van die grootste misdaaddrywers in die provinsie. Die statistiek toon 'n toename van net meer as nege persent in moorde, met sowat 80 persent van die misdade in die Kaapstad Metro. Willem Els, die senior koordineerder van die Enact-program aan die Instituut vir Sekerheidstudies, het aan Monitor gesê die syfers toon dat bendegeweld nog steeds die polisie se hulpbronne in die provinsie oorweldig.
Skelms steel minerale onder gemeenskap se neuse ...
Ons het gister berig oor die Bapong-gemeenskap in Noordwes wat in vrees leef weens onwettige mynboubedrywighede in hulle gebied. Die ongemagtigde aktiwiteite het gelei tot watergevulde sinkgate naby hulle huise, wat ernstige veiligheidsrisiko's inhou. Gemeenskapslede sê die situasie het lewensgevaarlik geword, met sommige wat tragiese voorvalle aanmeld. Die Benchmark Stigting het die kwessie onder die aandag van owerhede gebring uiteindelik na klagtes van die gemeemskap op dowe ore geval het. Ons praat nou hieroor met 'n senior navorser by die Stigting, David van Wyk.
Voortrekkermonument praat oor Geloftedag en Versoeningsdag
Nagenoeg 40 000 mense het "Geloftedag" by die Voortrekkermonument in Pretoria herdenk. Die dag was sover een van die grootste saamtrekke nog. Bykans 230 geloftefeeste het vanjaar landwyd plaasgevind en in die buiteland is dit op al sewe vastelande in 25 lande gevier, selfs in Antarktika Ons praat nou hieroor met die Bedryfshoof: media, bemarking en toerisme van die Kultuurtuiste by die Voortrekker Monument, Dawid Brand....
VSA eis antwoorde oor klopjag by een van sy persele
Die media in die VSA berig dat die Suid-Afrikaanse owerhede twee Amerikaanse werknemers vir 'n kort rukkie aangehou het wat besig was om wit Afrikaners se inligting te verwerk wat vlugtelingstatus in Amerika wil hê. Die beweerde voorval was by 'n tydelike blyplek vir vlugtelinge in Johannesburg. Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het duidelikheid van die Suid-Afrikaanse regering oor die voorval gevra. 'n Amerikaanse woordvoerder, Tommy Piggot, het gewaarsku dat Suid-Afrika se inmenging in Amerikaanse vlugtelingaansoeke onaanvaarbaar is. Diplomatieke verhoudinge tussen Pretoria en Washington is gespanne oor Amerika se bewerings dat die Suid-Afrikaanse regering teen wit Afrikaners diskrimineer. 'n Bewering wat die Suid-Afrikaanse regering ontken.
Versoening is nie wat mense dink nie
Versoening is 'n lang proses. Versoening vind ook nie op politieke vlak plaas nie. Dit is die mening van Prof Hein Willemse , akademikus en gas lektor by die Universiteit Wes Kaapland en Dr Theuns Eloff politieke ontleder. Vandag is Versoeningsdag en die twee onleders het vroeer in Monitor oor die kwessie gepraat. Beide is van mening dat 'n nasionale dialoog 'n groot rol kon speel in versoening , maar nie as 'n politieke party dit kaap nie
Davey Jones is uiteindelik weer terug in die see...
Davey Jones of DJ , een van Ushaka se oudste inwoners is uiteindelik weer in die oseaan vrygelaat. DJ sou al vroeër vrygelaat word maar weerstoestande het die vrylating bemoeilik.DJ is 'n karetseeskilpad, en is sowat 'n dekade gelede op Muizenberg strand gevind. Sy is uiteindelik na Ushaka oorgeplaas vir rehabiliitasie en is nou gereed om terug te keer na die oseaan. Ons praat nou met Maryke Musson van Ushaka...
Afriforum weier om joernaslite te noem wat hulle sê, deur die regering betaal word.
Die burgerregte-organisasie Afriforum sê hulle beskik oor inligting dat twee bekende Suid-Afrikaanse joernaliste deur die Staatsveiligheidsagentskap én die departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking vergoed word om onder meer AfriForum en die Solidariteit beweging te diskrediteer. Afriforum het 'n Toegang tot Inligting of PAIA-versoek, om meer inligting werf, aan die twee betrokke staatsintellings gerig. Ons het op Monitor met Afriforum se bestuurshoof, Kallie Kriel gepraat. Ons het ook reaksie en ontleding gekry by die media historikus, Professor Johannes Froneman.
die ANC sê Kommuniste moet kant kies voor volgende jaar se verkiesing.
Waneer begin die hernuwings projek binne die ANC nou eintlik en wat lê voor vir senior ANC leiers wat ook lede is van die kommuniste party noudat die SAKP op sy eie aan die munisipae verkiesing in 2026 gaan deelneem? Ons het antwoorde gaan soek by die politieke redakteur van Netwerk 24, Gert Van der Westhuizen wat die ANC se algemene raadsvergadering, heel week, bygewoon het.
Die Meerderheid Suid Afrikaners sê Swart Bemagtiging moet uitgefasseer word
Volgens navorsing van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, glo die meerderheid Suid-Afrikaners dat Swart Ekonomiese Bemagtiging 'n uitgediende konsep is – wat uitgefasseer kan word. Die resultate vorm deel van dié Instituut se jaarlikse meningsopname oor versoening, vertroue en samehorigheid. Nog 'n bevinding was dat die helfde van die respondente onbewus was van die konflik tussen Israel en Palestina. 'n Direksie-lid by die Instituut, eerwaarde Courtney Sampson het breedvoerig op Monitor gepraat oor die verhaal wat die syfers vertel van n demokrasie wat aanhou verander.
“Ouers moet meer betrokke wees by kinders se sosiale media gewoontes, voor die regering dit doen"
Die amptelike verbod op die gebruik van sekere sosiale media platforms in Australië vir kinders onder sestien, het gister in werking getree. Die verbod geld vir platforms soos Tiktok, You tube, Facebook en Instagram. Die groot tegnologiemaatskappye is opdrag gegee om miljoene kinders onder die ouderdom van 16 jaar se rekeninge te deaktiveer, of hulle kan 'n boete van tot 50 miljoen Australiese dollar opgelê word, en dit is meer as R500-miljoen. Die maatskappye en mense wat voorstaanders is van vryheid van spraak, het beswaar aangeteken. Ouers en kampvegters vir kinderregte verwelkom egter die stap. Op Monitor het ons ‘n paneelgesprek daaroor gevoer met Juané van der Merwe-Mocke van Fedsas, en die politieke wetenskaplike aan die Universiteit Stellenbosch, Kira Alberts.
Skok-wending in die moord op Getuie D
In 'n verrassende wending in die Marius van der Merwe-fluitjieblaas-saak, eis die familie van die vermoorde man, waaroor Van der Merwe getuig het, nou geregtigheid. Die familie van die 52-jarige Emmanuel Mbense moes ontstellende besonderhede oor sy dood tydens getuienis voor die Madlanga-kommissie aanhoor. Luidens getuienis deur Marius van der Merwe, ook bekend as Getuie D, is Mbense, 'n pa van vyf, na bewering deur wetstoepassers en privaat veiligheidspersoneel gemartel en vermoor voordat sy liggaam in 'n dam gegooi is. Die familie het hulle nou na AfriForum se privaatvervolgingseenheid gewend. Die woordvoerder Barry Bateman het op Monitor meer lig gewerp.
Dane Van Niekerk se Wereld Beker Droom.
Vir die vroue Protea speler Dane Van Nierkerk is hierdie somer een waarin sy weer haar merkie wil maak. Die Voormalige Kaptein was vir meer as twee jaar heeltemal verlore aan die krieket wereld na die afsterwe van haar pa. Sy het met haar terugkeur teen Ierland beindruk met beurte waar haar tref tempo oor die 200 was, in n span wat die soort kookwater krieket nodig het. Die Wereld Beker vind volgende Junie in Engeland plaas en na 'n loopbaan wat in 2009 begin het, is 'n sege in die toernooi die groot droom wat nog verwesenlik moet word. Sy het aan Monitor verduidelik hoe moeilik dit was om weer terug te wees in die groen trui.
Kannaland kniediep in die skuld
Die Kannaland Munisipaliteit in die Wes-Kaap is op die rand van 'n finansiële en operasionele ineenstorting. Stygende skuld, verouderde infrastruktuur en onbetroubare dienste vererger dié krisis. Volgens die Wes-Kaapse regering het die munisipaliteit se uitstaande skuld aan alle krediteure meer as 100 miljoen rand teen einde September beloop. Ons het op Monitor met die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Regering, Anton Bredell, gepraat.
Die Soektog begin vir n nuwe Vervolgingsbaas
Onderhoude vir die pos van Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, word Woensdag en Donderdag met kandidate op die kortlys, in Pretoria gevoer. 'n Raadgewende paneel sal sy aanbeveling vir die volgende NVG-hoof aan die president stuur. Advokaat Shamila Batohi tree vroeg volgende jaar uit dié amp. Hoëprofiel kandidate vir die pos sluit in Advokate Hermione Cronje, Andrea Johnson en Menzi Simelane. Monitor het met 'n Regskenner wat spesialiseer in grondwetlike litigasie, Advokaat Anna-Marie de Vos gepraat.
KI maatskapye in die spervuur na 2 tiener selfmoord gevalle na die gebruik van Kletsbotte.
Die gebruik van kunsmatige intelligensie deur tieners het onlangs in Amerika in die kollig gekom nadat 'n tiener, Adam Raine, ChatGPT as 'n selfmoord-afrigter gebruik het. Die maatskappy, OpenAI het egter in reaksie hierop gesê dat hulle nie aanspreeklik is vir sy dood nie en bygevoel dat die seun die kletsbot misbruik het. Die regsgeding het gelei tot wye kommer oor die potensiële geestesgesondheids-skade wat kletsbotte kan inhou. In 'n ander saak het die maatskappy CharacterAI onlangs 'n ouderdomsbeperking van 18 op hulle kletsbotte geplaas na 'n tiener, die 14-jarige Sewell Setzer III, selfmoord gepleeg het nadat hy na bewering 'n emosionele verbintenis met 'n karakter ontwikkel het wat hy op CharacterAI geskep het. Ons het op Monitor met Professor Bruce Watson hieroor gepraat.
Die Polisie is op die spoor van Marius Van de Merwe se moordenaars.
Die nasionale polisiekommissaris, Fannie Masemola, het bevestig dat die polisie een van die twee voertuie gevind het, wat vermoedelik gebruik is in die sluipmoord op Marius Van Der Merwe. Hy het as Getuie D voor die Madlanga-kommissie van ondersoek getuig. Masemola het bekendgemaak dat die bakkie verlate in Alexandra in Johannesburg gevind is en dat die polisie steeds na die ander motor soek. Hy het bygevoeg dat forensiese deskundiges die bakkie ondersoek. Drie persone van belang is geïdentifiseer en een is ondervra. Ons het op Monitor gevra hoe die Nasionale Vervolgingsgesag 'n saak moet bou teen al die skuldiges en ook kommentaar gekry oor wat nuwe wetgewing, om fluitjieblasers te beskerm, behels en hoekom dit nog nie deurgevoer is nie.
Slegs 27 persent van Suid-Afrika se soldate is fiks genoeg om ontplooi te word
Op Monitor het ons met die onafhanklike militêre kenner Kobus Marais gepraat om uit te vind wat doen die res van die Weermaglede wat ongeskik of onfiks is vir ontplooiing. Tydens 'n onlangse vergadering van die Weermag se oudit-komitee het dit aan die lig gekom dat dieselfde soldate oor en oor ontplooi word.
“Die regering praat net oor die beskerming van fluitjiebalers, maar doen niks”.
Die beskerming van fluitjieblasers is opnuut onder die vergrootglas, na die dood van Marius van der Merwe, oftewel Getuie-D wat voor die Madlanga-kommissie van Ondersoek getuig het. Ons het op Monitor met die bestuurshoof van die organisasie, The Whistleblower House, Dr Ben Theron gepraat oor wat die moord vir ander getuies beteken. Hy verduidelik ook hoe die moord op die fluitjieblaser Babita Deokoran wysigings aan beskermingswetgewing noodsaak. Terwyl die regering beloftes van aksie hieroor gemaak het, het hulle net mooi niks gedoen nie.
Die wiele aan die rol vir twee nuwe Kernkragaanlegte in Suid Afrika.
Eskom het 'n omgewingsimpakstudie gelas vir die beplande oprigting van 'n derde kernkragsentrale. Dié kragstasie sal of by Thyspunt aan die Ooskus van die Oos-Kaap opgerig word, of by Bantamsklip in die Wes-Kaap. Die kragvoorsiener het reeds vier maande gelede, die finale omgewingsgoedkeuring ontvang om die tweede kernkragsentrale op Duynefontein op te rig, wat naby Koeberg geleë is. Ons het op Monitor met die joernalis Antoinette Slabbert daaroor gepraat.
'n Krisis met skoolplasings en die LUR se dis jou skuld as ouer.
Ouers van meer as elf-duisend voornemende graad een en agt leerlinge het nog nie aanbiedinge vir plasing in Gautengse skole aanvaar nie. Die provinsiale LUR vir onderwys, Matome Chiloane, sê meer as 400-duisend aansoeke is vir die 2026 skooljaar ontvang, waarvan meer 40-duisend leerlinge nog in 'n skool geplaas moet word. Hy moedig ouers aan om die plasings teen volgende Vrydag, te aanvaar. Hy se verder die probleem is deels ouers se skuld. Die Hoof van Onderwysprojekte by Afriforum, Carien Bloem het aan Monitor verduidelik hoe diep die krisis is en of ouers wel verandwoordelikheid dra daarvoor
'n Tweede verdagte vasgetrek na Baltimore Plaasmoord.
'n 28-jarige man het gister in verband met Saterdag se plaasmoord in die Baltimore-omgewing in Limpopo in die hof verskyn. Die tweede verdagte in die saak is vroeg Donderdag oggend vasgetrek. 'n Boer, die 77-jarige Attie Mahne is tydens die voorval vermoor. Die verdagte, Hendrik Chimole, is na 'n intensiewe ondersoek Dinsdag deur lede van die Provinsiale Moord- en Roofeenheid, speurders van Tolwe, en die Bosveldmisdaadondersoeke en Bosveldplaasbeveiliging sekuriteitsmaatskappye in hegtenis geneem. Ons het op Monitor gepraat met 'n voormalige polisiespeurder, Sakkie Louwrens, van Bosveldmisdaadondersoeke.
Freek Burger: 'n Ses-week skorsing sal gepas wees vir Etsebeth
Die voormalige internasionale skeidsregter, Freek Burger het vanoggend op Monitor sy gevoel uitgespreek oor wat die Bok-slot Eben Etsebeth se straf moet wees na Saterdag se rooikaart teen Wallis. Hy het Dinsdagaand voor n wereldrugby tugkommittee verskyn nadat hy sy vinger in die oog van die Walliese flank, Alex Mann gedruk het. Die oortreding kan n maksimum skorsing van 4 jaar dra indien dit doelbewus en roekeloos was. Burger voel wel dat daar versagtende omstandighede is en hy is ook ’n bietjie keelvol oor hoe die Bokke deur die media uitgesonder word in hulle ontleding van ons spelers se dissiplinêre kwessies.
“Rampaphosa is hier om te bly”, sê ‘n ANC minister.
Die ANC het in 'n verklaring hewig te velde getrek teen 'n berig in Sunday World, wat 'n beweer dat daar ’n verdeelde leierskap binne die party is, met komplotte om die president te verwyder. Die ANC het die artikel ten sterkste verwerp, wat die party as ongegrond en sensasionalisties beskou. Alvin Bothes , lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee en ANC NUK-lid en kabinetslid, het op Monitor oor die komende vergadering van die Nasionale Algemene Raad van die ANC gepraat. Ons het ook ‘n ontleding van professor Piet Croucamp gekry oor wat ons volgende week te wagte kan wees.
Pres. Ramaphosa se toespraak Sondagaand het min beïndruk...
Die burgerregteorganisasie AfriForum sê president Cyril Ramaphosa en ander ANC-leiers se roekelose optrede en beleidsrigtings is direk verantwoordelik vir Suid-Afrika se verswakkende verhouding met die VSA. Volgens AfriForum het Ramaphosa tydens sy toespraak gisteraand gepoog om die verantwoordelikheid vir die negatiewe gevolge van sy eie optrede te ontduik deur die diplomatieke krisis met die VSA valslik voor te hou, as die gevolg van sogenaamde waninligting wat versprei word deur groeperings in Suid-Afrika. Die uitvoerende hoof van AfriForum, Kallie Kriel, sê die president moet eerder voor sy eie deur vee voor hy ongegronde beskuldigings maak.
Hoe bou 'n mens Samehorigheid in 'n land met 12 amptelike tale?
Soos die land die toekoms in beweeg is daar al hoe meer 'n gevoel van Suid-Afrikaans-wees wat bo ons onderskeie demografieë uitstyg. So is ons byvoorbeeld nou in staat om almal saam die Springbokke en ander sportspanne se ongelooflike prestasies te vier en so was ons ook in staat om in Augustus 'n nasionale dialoog bekend te stel om kwelpunte in ons samelewing te probeer uitstryk. Maar daar is een groot struikelblok: ons praat nie almal dieselfde taal nie, en kommunikasie is soms moeilik. Dit is een van die redes hoekom iPendoring se jaarlikse Inheemse Taal Imbizo, gehou word, om maniere te vind hoe ons oor die brue kan afbreek. Ons het op Monitor met Eben Keun, die bestuurder van iPendoring gepraat.
Hou ten minste op om "Kill the Boer" te sing, vra Baltimore boere na gru-moord.
‘n Egpaar van Baltimore in Limpopo is die afgelope naweek op hulle plaas deur twee mans in klapmusse aangeval. Die 77-jarige At Mahne is dood, en sy 74-jarige vrou Pietro is beseer. Besonderhede oor die aanval is nog nie bekend nie, maar na bewering is Pietro Saterdagmiddag omstreeks vier-uur oorval en vasgebind, terwyl At na sy beeste gaan kyk het. At is wreed aangerand na hy by die huis aangekom het, en het tydens die aanval, of kort daarna, gesterf. Henk Malan, ‘n lid van die Baltimore Boerevereniging en ook ‘n boer in die omgewing, vra dat die regering, as ‘n begin, 'n einde bring aan die sing van die anti-Apartheidstryd liedjie, "Kill the Boer".
Waninligting en Demokrasie: 'n bitter tweestryd
Watter rol speel waninligting in ons Demokrasie? Nie net hier in Suid Afrika nie maar ook wereldwyd. Dit was die tema by die onlangse Globale ondersoekende Joernalistiek konferensie wat in Maleisië gehou is. Van Suid Afrika se voorste ondersoekende joernaliste het ook hierdie konferensie bygewoon Die skrywer, en assistent redakteur vir ondersoekende joernalistiek by news24 Pieter Du Toit was ook daar. Ons het op Monitor met hom en Professor Piet Croucamp gepraat oor die impak wat hulle hiervan sien in Suid Afrika.
LUISTER, voor jy die Swart Vrydag-strate invaar
Vir miljoene Suid-Afrikaners het Swart Vrydag uiteindelik aangebreek en vir miljoene meer beteken Swart Vrydag net mooi niks, want hulle het nie geld nie. Dis 'n warrelwind van aanbiedinge, groot afslae, en die sielkundige druk om te koop. Dawie Roodt, die Hoof Ekonoom van die Efficient Groep, deel op Monitor sy wenke om die dag en naweek te oorleef.
Afleggings gaan lei tot 'n droewige kersfees.
Solidariteit voorspel 'n droewige Kersfees vanweë die aantal afleggings wat hy te wagte is. Dit sluit Artikel 189-afleggings in. Dít kom nadat die vakbond 'n geskil met die regering by NEDLAC verklaar het oor die vlaag van afleggings wat in aantog is, en wat hulle die gebrek aan politieke wil noem, om die situasie te stuit. Dié week was daar bemiddeling met die regering en werkgewers oor werksverliese by NEDLAC. Monitor het met die hoofsekretaris van Solidariteit, Gideon du Plessis hieroor gepraat.
Aanlyn-Dobbel: 'n Bonus vir Jan Taksman
Die Nasionale Tesourie het Dinsdag 'n besprekingsdokument gepubliseer waarin daar voorgestel word dat 20 persent belasting gehef word op geld wat op aanlyn-dobbelplatforms gewen word. Die rede hiervoor, so word daar in die inleiding van die dokument aangevoer, is omdat dobbelary, met meer as 30 persent in die laaste boekjaar toegeneem het. Die tesourie vrees dat dobbelary as 'n verslawing toeneem veral weens die aanlyn-dobbelplatforms. Charles de Wet, 'n belastingvennoot by ENSAfrica verduidelik hoe so n wet sal werk en hoeveel geld dit by ons koffers sal voeg.
En nou wag SA vir Trump se reaksie na die oorhandiging van die G20-leisels
Suid-Afrika het gister die G20-presidentskap aan die VSA in Pretoria oorhandig. Die oorhandiging by die kantore van die Departement van Internasionale Betrekkinge en Samewerking - of DIRCO - was egter nie 'n prominente media-geleentheid nie. Die afgelope naweek is die G20-leiers se verklaring deur wêreldleiers in die afwesigheid van die VSA aanvaar na hulle boikot van die beraad. Die Minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het toe beklemtoon, en daarop aangedring, dat behoorlike diplomatieke protokol gevolg moet word, wat 'n oorhandiging tussen amptenare van vergelykbare rang vereis. Monitor het die mening van Dr. Oscar van Heerden, 'n senior navorser by die Sentrum vir Afrika Diplomasie en Leierskap aan die Universiteit van Johannesburg ingewin.
Die Tesourie see “Nee” vir Nama Khoi-munisipalitiet se 15 jaar kontrak met diensverskaffer
Die Nama khoi-munisipaliteit in die Noord-Kaap - wat dorpe soos Springbok, Kleinsee, Steinkopf en Vioolsdrif insluit - sit met sy hande in die hare, omdat die Nasionale Tesourie daarop aandring dat hy nie sy kontrak met die maatskappy Rural Maintanance hernu nie, Dit is ondanks 'n noemenswaardige verbetering in die munisipaliteit se geldsake. Rural Maintenance het na bewering reeds sowat R50 miljoen bestee om onder meer infrastruktuur in dié munisipaliteit te herstel, en wil nou die saak hof toe vat. Monitor het met die Speaker van die Nama Khoi- Munisipaliteit, Dr. Gustav Bock gepraat.
Die Konstitusionele Hof sal besluit of die MRK-aanbevelings afdwingbaar is
Die Konstitusionele Hof sal die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se appèl teen ‘n Appèlhof-uitspraak van Augustus 2024 aanhoor. Die uitspraak het bevestig dat die aanbevelings van die kommissie NIE bindend is nie, en slegs deur 'n hof afgedwing kan word. Hierdie uitspraak volg op 'n geskil tussen die Kommissie oor die reg op toegang tot water. Avokaat Anna-Marie de Vos wat spesialiseer in grondwetlike litigasie, veruidelik aan Monitor wat die kanse van sukses is voor die hoogste hof in die land.
Nog niks is gedoen om die MK Party “huursoldate” terug te bring uit Rusland nie
'n Familielid van een van die 17 Suid-Afrikaners wat hulle in Oekraïne in die oorlogsone bevind, sê die regering het nog niks gedoen om hulle terug te bring Suid-Afrika toe nie. Oud-president Jacob Zuma se dogter, Nkosazana Bonganini Zuma-Mncube, het gister 'n strafsaak teen haar suster, Duduzile Zuma-Sambudla, sowel as Siphokazi Xuma en Blessing Khoza, by die polisie in verband met die saak aanhangig gemaak. Ons hoor op Monitor by 'n parlementslid of die wetgewer die regering sal dwing om op te tree en by n regskenner oor die straf wat 'n skuldigbevinding dra. Ons vind verder uit of die geval voldoen aan 'n moontlike saak van mensehandel en die onwettige werwing van huursoldate.
Wat gaan aan by die DA?
Die openbare bekgeveg tussen die Minister van Landbou en leier van die DA, John Steenhuisen en die federale voorsitter van die DA se geldsake, Dion George, word op die spits gedryf. George is onlangs as Minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, deur die artywoordvoerder, Willie Aucamp, vervang. Die DA sê hy kan nie teen enige van die partye optree nie, omdat geen klagtes ingedien is nie. Ons praat hieroor met die politieke ontleder, Professor Theo Venter van die Noordwes-universiteit.
G-20 was n sukses maar........
Met of sonder die betrokkenheid van die VSA is 'n G20-leiersverklaring hierdie naweek aanvaar En nou wag ons om te sien hoe die Amerikaanse president Donald Trump sal reageer op ‘n beraad wat hy geboikot het en vir fyner besonderhede oor hoe die oorhanding aan Amerika as volgende gasheer land van die G20-beraad op diplomatieke vlak sal uitspeel. President Ramaphosa het geweier om die oorhandiging te doen aan n ampsdraer wat nie die status van n senior leier van Amerika dra nie. Pieter Duvenage, 'n politieke kommentator verbonde aan die Hugenote Kollege deel op Monitor sy verwagtinge.
Afrikaanse rolspelers poog om met, en nie oor mekaar te praat nie.
Die Kaapse Forum het verskeie rolspelers uit Afrikaanssprekende gemeenskappe genooi om die afgelope naweek aan 'n oop gesprek oor verskeie geskilpunte deel te neem. Dit gesprek het in Stellenbosch plaasgevind. Die openbare geskil tussen Solidariteit en die 'Nie in Ons Naam”-veldtog oor President Donald Trump se aanbod van vlugtelinge status aan wit Suid Afrikaners, was een van die kwessie waarop die gesprekke gefokus het. Ons het op Monitor met die operasionele hoof van Solidariteit, Werner Human, en met die Sosiologie Professor Christi Van der Westhuizen hieroor gepraat.
G20 nuus wat jy moet weet
Verskeie paaie by die OR Tambo Lughawe asook in en om Johannesburg, gaan die week gesluit wees weens die G20 beraad, wat by Nasrec plaasvind.Die metro polisie vertel wat gaan gebeur ..
Vloot is 'n sinkende skip sê vise-admiraal
Die Vloot is 'n sinkende skip wat die soewereiniteit van die land bedreig, want ons martieme grense lê bloot vir misdadigers. Dit was die boodskap van Visie Admiraal Monde Lobese tydens sy toespraak by 'n weermag funksie. Lobese het so ver gegaan as om die vraag te vra, of diegene in die regering wat verantwoordelik is vir die besnoeiing van die weermag se begroting, nie in die sakke van misdaadkartelle is nie, en daarom word die weermag se funksies afgewater met 'n gebrek is fondse. Ons praat met die militêre kenner, Kobus Marais....
G20 is 'n groot eer vir SA sê minister
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, het afgevaardigdes wat vanoggend se G20-paneelbespreking bygewoon het, aangemoedig om regoor streke en sektore saam te werk om stabiele wêreld orde te bou. Lamola het ook in sy openingsrede genoem dat die G20-beraad 'n groot oomblik vir Suid-Afrika is. Die minister het op die kantlyn van vanoggend se program met SAUK Nuus gepraat oor die gereedheid vir die G20-leiersberaad. Lizaan Groenewald het meer besonderhede.
Munisipale beamptes vir die eerste keer, persoonlik aanspreeklik gehou vir finansiele verliese
Munisipale beamptes sal nou vir die eerste keer, persoonlik aanspreeklik gehou vir finansiele verliese, wat 'n munisipaliteite, weens ongerymdhede gely het. Die stap volg nadat die munisipaliteit herhaaldelik gemaan is oor sy oorbesteding aan 'n kontrak vir water-tenkwa-dienste, wat tot groot finansiele verliese gely het. Ons praat nou met 'n navorsingsgenoot aan die Departement Openbare Administrasie en Bestuur aan die Universiteit van die Vrystaat, dr. Harlan Cloete...
Eskom se plan om by Munisipaliteite oor te neem dalk nie 'n goeie idee nie
Die minister van Finansies, Enoch Godogwana, steun ook nou die voorstel dat die kragreus ESKOM sukkelende munisipaliteite se kragverskaffing tydelik oorneem. Die minister van Energie en Elektrisiteit, Dr Kgosientsho Ramokgopa, het vroeër dié stap voorgestel, om groeiende kragskuld te verhoed. In die twee munisipaliteite waar dit tans uitgevoer word, het skuldvlakke net verder toegeneem. Ons het op Monitor met die energiekenner, Corneels Schabbort gepraat.
Moet die Wes-Kaap as ‘n rampgebied verklaar weens die vlaag bende-moorde?
Ons het die vraag aan die Premier van die provinsie, Allan Winde gestel en sy antwoord sal jou dalk verbaas. Winde, het uiteindelik die Polisie Ombudsman se verslag oor die infiltrasie van die polisiediens deur bendelede in die provinsie bekendgemaak. Die verslag dateer terug tot 2022 en die Premier se verweer oor die gesloer met die bekendstelling is dat hy magteloos is om enigiets daaromtrent te doen. Hy pleit weer eens dat polisiemagte na die provinsie afgewentel word.
Nuwe ministers antwoord ons vrae...
Soos jy reeds in die nuus gehoor het, het president Cyril Ramaphosa aangekondig dat Die DA-woordvoerder, Willie Aucamp, die nuwe minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing sal wees. Hy vervang Dion George. Ramaphosa het Alexandra Abrahams as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging aangestel. Sy vervang Andrew Whitefield wat in Junie uit die pos verwyder is omdat hy 'n internasionale reis sonder Ramaphosa se toestemming onderneem het. George is glo deur die DA verwyder, omdat hy onderpresteer het
Die 'Rama-Steen' verhouding tans op sy beste maar....
Met die gladde verloop van die jongste kabinetskommeling blyk die verhouding tussen die twee grootste vennote binne die RNE stewig geanker te wees. Maar soos die politieke ontleder van die Noordwes Universiteit se Sakeskool, Professor Piet Croucamp aan Monitor verduidelik het, moet almal waaksaam wees, want daar bly teenstand vir 'n verhouding wat die ANC verswak in sekere van sy planne.
Skuldlas vs BBP –‘ n fyn balanseertoertjie
Met die bekendmaking van die mediumtermyn-begrotingsraamwerk bly die uitdaging groot vir ons Minister van Finansies, om die verhouding van Suid Afrika se staatskuld tot die land se Bruto Binnelandse Produk onder beheer te hou. Ons het op Monitor by die hoofekonoom van die Efficient groep, Dawie Roodt gevra hoe dit gedoen kan word, en waar bykomende inkomste gevind kan word om die staatskoffers aan te vul.
Mediumtermyn-begrotingsraamwerk vanmiddag
Die Minister van Finansies, Enoch Godongwana, lê vanmiddag die Mediumtermyn-begrotingsraamwerk in die parlement ter tafel. Jannie Rossouw, 'n besoekende professor in Ekonomie aan die Wits Besigheidskool gee sy vooruitsig....
Aanlyn onderrig is nie sub-standaard nie sê SAICA
Die Suid-Afrikaanse Omvattende Assesserings-instuut, SAICA, wat in aanlyn-skool en afstands-onderrig spesialiseer, kap terug ná berigte dat aanlyn-onderrig onwettig en minderwaardig is. SAICA verteenwoordig meer as 70 aanlyn sentrums van aanlyn-onderrig. Die uitvoerende hoof, Chris Klopper, sê SAICA is by Umalusi geakkrediteer om ook die senior sertifikaat-eksamen te bied. Hy sluit nou by ons aan...
TLU SA kla oor die voorgestelde wysingingswetsontwerp op wapenbeheer van 2025
Die Landbou Organisasie TLU SA sê hy is gekant teen die voorgestelde wysingingswetsontwerp op wapenbeheer van 2025. Die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl sê die wapenwet stel onuitvoerbare eise aan 'n stelsel wat reeds wanfunksioneel is en teiken landsburgers wat die wet nakom.
Solidariteit se advertensiebord-veldtog teen die ANC ontaard in 'n kat-en-muis speletjie met die Johannesburgse metro...
'n 70-meter lange advertensiebord van Solidariteit wat langs die M1-hoofweg tussen Smitstraat en Empireweg aangebring is, is gister verwyder - na bewering deur die Johannesburgse Metro. Die advertensie-banier, wat deel is van Solidariteit se veldtog in aanloop tot die G20-beraad, lees onder meer: "Welcome to the most RACE-REGULATED country in the world." Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het 'n foto van die banier op sy sosiale media gedeel. Hy het geskryf: "Die wat transformasie haat, moet oorwin word." Die Johannesburgse Metro se burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, Mgcini Tshwaku, het 'n video op X geplaas waar werkers die banier verwyder. Ons praat nou die woordvoerder van die Johannesburgse Metropolisie, Xolani Fihla.
Wat kan die besluite by die G20-beraad vir die prys van basiese goedere, die koste van vervoer, asook die skep van werksgeleenthede beteken?
Duisende Suid-Afrikaners voel daagliks die druk van stygende kos- en brandstofpryse, met huishoudelike begrotings wat eenvoudig nie klop nie. Terwyl wêreldleiers gereedmaak vir die G20 oor elf dae by Nasrec in Johannesburg, is daar vrae oor of besluite wat op die internasionale verhoog geneem word, regtig verligting vir Suid-Afrikaners gaan bring. Vir meer oor wat die besluite by die G20 kan beteken vir die prys van basiese goedere, die koste van vervoer, asook die skep van werksgeleenthede, praat ons nou met Waldo Krugell, 'n professor in Ekonomie aan die Noordwes Universiteit
FW De Klerk Stigting wil hê SA'ers moet stemme dik maak Trump
Die F.W. de Klerk-stigting sê by monde van sy uitvoerende direkteur, Christo van der Rheede, dat die tyd ryp is vir burgers om saam te staan en die uitsprake van die Amerikaanse president, Donald Trump oor Suid-Afrika, te verwerp. Trump het Vrydag op sy sosiale platform aangekondig dat sy land nie die G 20-beraad sal bywoon nie, omdat Afrikaners kwansuis onderdruk en onder beleg is. Ons praat nou met Van Der Rheede
Westbury gemeenskap wil die weermag daar hê om bendegeweld te stop
Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê 'n plan is in plek om bendegeweld in Westbury en Reiger Park in Gauteng, te bekamp. Daar is die afgelope weke verskeie dodelike skietvoorvalle in dié woonbuurte aangemeld, wat aan bendes toegeskryf word. Cachalia, die nasionale polisie-kommissaris, Fannie Masemola en die provinsiale kommissaris, Tommy Mthombeni, het gister die twee gebiede besoek. Cachalia sê meer polisielede is ontplooi.Biskop Dalton Adams, 'n ACDP-lid van die Gautengse wetgewer sê die optrede is nie genoeg nie
Die staat wil jou Whatsapp boodskappe afloer
Die Inspekteur-generaal van spioenasie-dienste wil nou toegang hê tot jou whatsapp boodskappe. Die IGI het die polisie minister Firoz Cachalia gevra om in die kabinet voor te stel dat wetgewing verander moet word sodat die departement die inligting op Whatsapp kan bekom. Die kodering wat toegang tot die inligting verhoed skep glo 'n skuiwergat wat misdaad sindikate uitbuit om hulle misdrywe mee te pleeg. Dit sal beteken dat jou oproepe en boodskappe deur die spioenasie-dienste gelees kan word met of sonder jou toestemming. Ons praat nou met 'n strafregkenner aan die Universiteit van Pretoria, dr. Llewelyn Curlewis...
China betaal 500 miljoen rand vir weermag-basis opgradering in SA.
Die herontwerp en opgradering van die Suid-Afrikaanse Weermag se mobilisasie-sentrum by De Brug, net buite Bloemfontein, sal sowat 500-miljoen-rand kos. Dié koste sal glo deur die Chinese regering gedra word. Rapport het oor die naweek berig dat dié plan, bekend as Projek Zingisa, die Chinese regering toegang tot die fyn besonderhede van Suid-Afrika se militêre basisse sal gee. Die bestaan van projek het eers onlangs aan die lig gekom, en word luidens berigte in groot geheimsinnigheid hanteer. Ons het op Monitor met die ondersoekende joernalis by Media 24, Erika Gibson hieroor gepraat asook die DA se woordvoerder oor verdediging, Chris Hattingh. .
Solidariteit maak gereed om die ANC te kap tydens die G20 beraad.
Die vakbond, Solidariteit, wil munt slaan uit die feit dat buitelandse leiers in Suid-Afrika is vir die G20-beraad. Hulle is besig met 'n veldtog, wat advertensieborde op pad na die beraad insluit, en 'n dokumentêre rolprent oor die regering se sogenaamde rasbeheptheid sal ook vertoon word. Maar watter lande, behalwe Amerika sal aanklank vind by Solidariteit se idees? Solidariteit se bestuurshoof, Dr Dirk Hermann, deel sy mening op Monitor.
Vertrou jy n politikus wat oorloop na 'n ander party?
Hierdie vraag was vandeesweek in die kollig nadat 4 prominente leiers van die ANC na die DA in die Wes-Kaap oorgeloop het. Op Monitor het ons met die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille en 'n lid van die ANC se Uitvoerende Komitee, Alvin Bothes gepraat, oor die redes vir die oorlopery en of dit enigsins 'n verskil sal maak in hoe mense in die provinsie gaan stem in die munisipale verkiesing volgende jaar.
Hoort ons in die G20? Prof Jannie Russouw sê "eintlik nie"
Soos jy vroeer in die nuus gehoor het, het die Amerikaanse president, Donald Trump, gesê Suid-Afrika hoort nie in die G20 nie en behoort Suid-Afrika die komende beraad ook nie aan te bied nie. Die Groep van Twintig, bekend as die G20, bestaan uit 19 lande en die Europese Unie. Hulle verteenwoordig die wêreld se grootste ekonomieë en vergader jaarliks om kwessies soos internasionale finansiële stabiliteit en volhoubare ontwikkeling te pak. Trump het verwys na mense wat van kommunisme in Suid-Amerika vlug, en het Suid-Afrika klaarblyklik in dié konteks gekritiseer. Maar hoort ons by die G20 -Prof Jannie Russouw beantwoord die vraag ...
FB groep skep werk baie en hef vrugte bedryf op
Die Vrugte uit die Boord groep, wat ses jaar gelede 'n binnelandse vrugteverspreidingsnetwerk op Facebook begin het, gaan volstoom voort met die projek. Dit het destyds ten doel gehad om vir vrugteboere wat geraak sou word deur die sluiting van die Koo Fabriek in Ashton in die Wes-Kaap, 'n afsetpunt vir hulle vrugte te gee. In die proses het die groep ook vir mense wat nie werk het nie 'n geleentheid geskep om verspreiders te word om 'n inkomste te verdien. Louis Swanepoel van die Vrugte in die Boord groep sê ook tong in die kies dat uit die projek het daar ook bo-baas konfyt kookers ook na vore gekom...
Skok oor vlakke van seksuele wangedrag deur onderwysers
176 onderwysers is ná tugondersoeke van seksuele wangedrag teenoor minderjariges afgedank. Hoeveel uiteindelik strafregtelik vervolg word, bly 'n tergende vraag. Meer as 450 onderwysers is oor die afgelope sewe jaar aangekla, maar wat die uiteinde hiervan was, kan min mense van rekenskap gee. Dít is wat die parlementêre portefeuljekomitee oor Basiese Onderwys van die Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys en die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders gehoor het. Die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole oftewel Fedsas, Dr. Jaco Deacon het op Monitor hieroor gepraat.
'n BTW verhoging dalk onvermydelik
Suid-Afrikaners gaan die afgelope jare reeds gebuk onder stygende lewenskostes, onder meer vir krag en water. Maar, nou kan hulle hul ook staal vir 'n moontlike verhoging in belasting op toegevoegde waarde, in die nabye toekoms. Só sê Dawie Roodt, die Hoof Ekonoom van die Efficient Groep aan Monitor.
Besonderhede oor die polisie-tenders wat lei tot 3-komma-2 miljard rand se verkwistende uitgawes
Die parlementêre portefeuljekomitee oor polisie het onlangs regop gesit toe hulle hoor dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens verkwistende uitgawes van drie-komma-twee-miljard rand aangegaan het. Daar is ook tenders toegeken waaroor groot vraagtekens hang. Die voorsitter van die komitee, Ian Cameron het op Monitor bekendgemaak watter kontrakte die meeste van ons belastinggeld geeis het.
Alles wat jy moet weet om in die 2026 plaaslike regeringsverkiesing te stem.
Die volgende verkiesing sal iewers tussen 2 November 2026 en 31 Januarie 2027 plaasvind. Die regering het egter nog nie 'n finale datum bekendgemaak nie. Ons het op Monitor met die OVK se kiesbeampte in die Wes-Kaap, Michael Hendrickse, gepraat oor wat jy moet doen om geregtig te wees op jou kruisie en wat nog moet gebeur voor ons gaan toustaan.
Motoriste kla die Madibeng munisipale polisie "steel" hulle lisensies
Verskeie motoriste kla dat hulle deur die Madibeng munisipale polisie by padblokades in Hartebeespoortdam afgetrek word, en dan word hulle lisensies deur die beamptes afgevat en gehou. Die padblokkades wat die afgelope twee dae gehou is, het motoriste warm onder die kraag. In die jongste voorval is 'n motoris gestop, sy voertuig deursoek en glo het hy uitstaande boetes. Die bestuurder se lisensie is toe afgevat en hy is aangesê om die boetes te betaal, alvorens die lisensie aan hom terugbesorg sal word. Ons praat nou met Stan Bezuidenhout van IBF Investigations.
Debat: Gebruik Donald Trump die Afrikaner-gemeenskap om sy eie belange te bevorder?
Die stof het nog lank nie gaan lê oor die "Nie in Ons Naam"-veldtog onder Afrikaners wat hulself deur middel van n verklaring distansieer van Donald Trump se jongste vlugtelinge-aanbod aan lede van die Suid-Afrikaanse gemeenskap nie. Wat begin het as 'n reg tot repliek aan die Solidariteit Beweging het ontaard in 'n breedvoerige gesprek oor die rol van die Afrikaner-gemeenskap ten opsigte van Suid Afrika se buitelandse beleid teenoor Amerika. Flip Buys, die voorsitter van die Solidariteit Beweging en politieke ontleder, professor Piet Croucamp het hierdie gesprek op Monitor gevoer.
Is die RNE 'n platform vir gesprekke oor die toekomstige president van Suid-Afrika?
Indien Suid-Afrika oor die volgende paar verkiesings nie een party sien met n volstrekte meederheid nie, wat beteken dit vir die rol van die Regering van Nasionale Eenheid as dit kom by gesprekke oor wie moontlik die volgende president van die land sal wees? Ons het op Monitor hierdie vraag aan die leier van die Vryheidsfront Plus, Corne Mulder gevra en ook by die leier van die DA, John Steenhuisen gehoor hoe die vennote binne die RNE in die toekoms dooiepunte, ten opsigte van beleid, sal hanteer. Dit volg na afloop van die twee-dae-lange beraad deur lede van die regering wat gister geeindig het.
Hof sê weer NERSA het nie prosesse gevolg nie
Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag beslis dat die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika - Nersa - nie behoorlike prosesse in die goedkeuring van munisipale kragtariewe gevolg het nie.Die energiekenner, Corneels Schabort, sê hoewel die hofuitspraak goeie nuus is, dit nie noodwendig tot laer elektrisiteitstariewe sal lei nie...
Die "Nie in Ons Naam"-Afrikaner groep ontken dat hulle veldtog deur die regering gedryf word.
'n Herrie het in Afrikaner-kringe ontstaan na 'n artikel in Rapport verskyn het oor die verklaring deur 'n groep Afrikaners wat hulle gedistansieer het van die Trump-administrasie in die VSA se Afrikaner-vlugtelingeplan. In die artikel word die verklaring met 'n amptenaar by Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Karen Burger, verbind. Burger was voorheen by die ambassade in Washington. Sy was nie beskikbaar vir n onderhoud op Monitor nie, maar ons het met Professor Piet Croucamp gepraat wat sê dit was hy en nie Burger wat die veldtog van stapel gestuur het.
'n Plaasaanval op Heilbron is 'n aanduiding van die Impak van Oorgrens-misdaad
So waarsku die veiligheidsrisiko-ontleder by Vrystaat Landbou, Dr Jane Buys. Dertien verdagtes sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met 'n plaasaanval Saterdag naby Heilbron in die Vrystaat. 'n Plaaswerker is doodgeskiet terwyl sy vrou in die hospitaal opgeneem is nadat sy verkrag en met 'n mes gesteek is. Die polisie sê die verdagtes sal in die Heilbron landdroshof op aanklagte van moord, poging tot moord, verkragting, roof en veediefstal in die hof verskyn. En, terwyl Heilbron 431-kilometer van die Lesotho grens is, sê Buys, dit wel verbind kan word aan burgers van die naburige land wat hier in Suid Afrika misdade pleeg.
Kan 'n aandklok-reel ’n oplossing wees vir geweldgeteisterde gemeenskappe?
In Saldanha in die Wes-Kaap het die ANC Vroueliga eenparig besluit om 'n aandklok-reel in te stel wat die gemeenskap se kinders verbied om saans na sewe-uur op straat te wees. Die burgermeester van Saldanha, Andre Truter sê so iets mag net deur die nasionale regering ingestel word, maar hy het begrip vir die gemeenskap wat gebuk gaan onder bendegeweld. Hy het desondanks ’n vergadering met die provinsiale polisiekommisaris aangevra om die aangeleentheid te bespreek. Monitor het ook met n politikus en kerkleier van Westbury in Johannesburg, Dalton Adams, gepraat oor die jongste verwikkelinge rakende ’n skietvoorval wat die lewens van twee jong in die woonbuurt geeeis het. 'n Twintigjarige man verskyn vandag in die hof in verband met die voorval. Ons het hom ook gevra of 'n aandklok-reel dalk n verskil kan maak in 'n gemeenskap soos Westbury.
Milleniërs dobbel hul lewens weg
'n Verslag oor dobbelary wat pas bekendgemaak is, toon dat dobbelary onder Suid-Afrikaners nie net 'n finansiële krisis is nie, maar ook 'n sielkundige een. Die syfers in dié verslag is ontstellend, Luidens data is 60% van dobbelaars in Suid-Afrika milleniërs, wat tot 50% van hulle inkomste aan dobbel bestee. Monitor het met ‘n psigiater, Dr. Reitjie Liebenberg hieroor gepraat.
Inenting vir MIV goedgekeur
Die beheerraad vir gesondheidsprodukte - Saphra het 'n inenting, wat die oordrag van MIV kan voorkom, goedgekeur. Suid-Afrika is die eerste Afrika-land en die derde wêreldwyd, om die middel wat as Lenacapavir bekendstaan, te registreer. Dié inspuiting hoef slegs twee maal per jaar aan MIV-negatiewe mense, toegedien te word. Vir meer oor hierdie deurbraak praat ons met Mia Malan, die Direkteur van die Bhekisisa Sentrum vir Gesondheidsjoernalistiek.
VS -Landbou bekommerd oor Bek-en-Klouseer uitbreking in die provinsie
Vrystaat Landbou sê dat hy met ernstige kommer kennis neem van die toenemende uitbreking van Bek-en-Klouseer in verskeie streke van die Vrystaat. Volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is daar nou 56 bevestigde gevalle in nege uitbrekingsgebiede. Ons praat nou hieroor met Friedl von Maltitz, die vise-president van Vrystaat Landbou
Leo Brent Bozelle die derde, sê wat sy doel in SA gaan wees
Die aangewese Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika, Leo Brent Bozelle die derde, het sy missie na Suid-Afrika baie duidelil uitgestippel. Hier op plaaslike bodem word sy koms met gemengde gevoelens ontvang...
Moet matriek uitslae gepubliseer word- die hof sal die week besluit.
'n Hofsaak oor die publikasie van matriekuitslae in die media, sal oor die volgende twee dae in die Hooggeregshof in Pretoria aangehoor word. Dié hof het vroeër vanjaar die Inligtingsreguleerder se dringende aansoek, om die Departement van Basiese Onderwys te verhoed, om die uitslae in die media te publiseer van die rol geskrap. Die departement is dus toegelaat om matriekuitslae te publiseer, maar slegs die eksamennommers van matrikulante mag verskyn. Die meriete van die saak sal nou aangehoor word...
Laer brandstofpryse in die vooruitsig vir November
Voorlopige data van die Sentrale Energiefonds toon dat beide die prys van diesel en petrol, waarskynlik in November gaan daal. Dit is weens 'n oorverhaling op alle soorte brandstof. Vir meer hieroor praat ons met 'n ekonoom van Sequoia Capital Managers, Dr Chris Harmse
Die onderwysdepartement sal wel ondersoek instel of Hoërskool Milnerton stilgebly het oor “boeliegedrag”.
Die Kaapstadse landdroshof het gister borgtog toegestaan aan ses van die agt seuns wat betrek word by 'n voorval van afknouery en aanranding by die Milnerton hoërskool in Kaapstad. Twee van die verdagtes wat minderjarig is, het in die kinderhof verskyn en is met 'n waarskuwing vrygelaat. Die agt leerlinge word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Dit hou verband met 'n video van 'n boelie-voorval wat op sosiale media versprei is, wat toon hoe 'n 16-jarige seun deur ander leerlinge van die skool met onder meer hokkiestokke en gordels geslaan word. Die leerlinge is voorwaardelik geskors, hangende 'n tugverhoor. Die woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, Bronagh Hammond het aan Monitor verduidelik.
Mkhwanazi moet vir Cele om verskoning vra.
Advokaat Norman Arendse, die getuienisleier van die ad hoc-komitee wat bewerings oor korrupsie en politieke inmenging by die polisie en strafregstelsel ondersoek, het aan die komitee gesê dat die KZN-polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi teruggeroep moet word. Arendse het gesê dat Mkhwanazi die voormalige polisieminister, Bheki Cele, om verskoning moet vra oor sekere bewerings wat hy teen hom gemaak het. Mkhwanazi het vroeër beweer dat Cele geld van die beskuldigde Vusimuzi Cat Matlala ontvang het. Arendse het 'n teksboodskap voorgelees wat hy gesê het van Mkhwanazi kom, waarin hy bewerings teen Cele terugtrek. Die polisiekenner en voormalige kommisaris in die Wes-Kaap, Dr. Lennit Max deel sy mening op Monitor
Geen Amnestie vir ou boetes onder Aarto nie
Die Wet op Administratiewe Beregtiging van Verkeersmisdrywe gaan verskeie veranderinge meebring oor hoe verkeersboetes aan motoriste uitgereik word, en uiteindelik betaal word. Kragtens die Aarto-wet kan kennisgewings oor verkeersoortredings elektronies uitgereik word, en gewoonte-oortreders se rybewyse kan opgeskort word. Daar is egter steeds verwarring oor hoe die proses sal werk. Vir klarigheid het Monitor met die woordvoerder van die Padverkeersoortredingsagentskap, Monde Mkalipi gepraat. Hy verduidelik ook spesifiek wat gedoen moet word indien jy die nuwe stelsel betree met uitstaande boetes.
“Nie in ons naam nie”, sê ’n Afrikaner-groep oor Trump se nuwe vlugtelingaanbod.
Die Trump-administrasie beplan om sy Amerikaanse vlugtelingprogram te hersien, wat die algehele jaarlikse toelatings vir vlugtelinge drasties sal verminder. Indien die plan goedgekeur word sal seweduisend vlugtelinge uit die maksimum poel van sewe-duisend-vyfhonderd, Afrikaners moet wees. Donald Trump het 'n uitsondering vir Afrikaners gemaak wat volgens hom, rassediskriminasie in Suid-Afrika ervaar. Prominente wit Suid-Afrikaners het intussen 'n ope brief gerig, wat die narratief, dat Afrikaners as slagoffers van rassevervolging in Suid-Afrika uitbeeld, verwerp. Monitor het met Barend Le Grange, een van die ondertekenaars van die brief en die sameroeper van die Dialoog vir Aksie Netwerk, gepraat.
Waar is die Krugerwildtuin dan nou heen?
Afriforum sê hy sal toesien dat die verkeerde benaming van die Nasionale Krugerwildtuin op Google maps reg-gestel word. 'n Onlangse soektog op Google se kaart toepassing dui die Nasionale Krugerwildtuin se naam nou as Skukuza Nasionale park aan. Dit is die naam wat deur die EFF in die Provinsiale wetgewer voorgestel het. Daar is slegs toestemming verleen deur die wetgewer om die moontlikheid van 'n naamsverandering te ondersoek - nie om die naam te verander nie. Ons praat nou met Marais de Vaal, van Afriforum...
Trump vry selfs nouer na Afrikaner 'Vlugtelinge'
'n Berig deur die Washington Post meld dat die Amerikaanse president Donald Trump se plan om die land se vlugteling hervestigingsproses te hersien, grootliks voorsiening sal maak vir wit Suid-Afrikaners. Volgens die publikasie sal die plan 'n drastiese vermindering in die algehele jaarlikse toelatings meebring, maar met 'n gesamentlike poging om duisende Afrikaners voor te berei vir hervestiging na die VSA. Indien suksesvol, berig die Post dat soveel as 7 000 uit 'n totaal van 7 500 vlugteling-toelatings, vir Afrikaners opsy gesit sal word. Ons lig die mening van die VF+ leier Corne Mulder hieroor.
Waarskuwing: Verpakte Babakos kan groot gevaar inhou.
Navorsers aan die Universiteit Stellenbosch is bekommerd oor die baie verpakte kosse vir babas en jong kinders in Suid-Afrika, wat soet geurmiddels bevat, en hul eetgewoontes en gesondheid kan benadeel. In 'n studie wat in die vaktydskrif Maternal & Child Nutrition verskyn, is die bemarking van dié gegeurde voedsel ook onder verdenking. Ons het met Wilana Barnard gepraat, wat haar meesters graad aan die Department Voedselwetenskap asook Afdeling Menslike Voeding by die Departement van Globale Gesondheid voltooi het.
Toneel van Westbury-moorde is 'n bekende 'suikerhuis', sê plaaslike prediker.
Die polisie-soektog duur voort na drie verdagtes wat gister in Westbury, Johannesburg twee tieners doodgeskiet en nog vyf gewond het. Volgens die polisie was dit 'n bendeverwante voorval. Twintig patroondoppies is op die toneel gevind. Monitor het met n ACDP-lid van die Gautengse wetgewer asook ‘n plaaslike kerkleier, Biskop Dalton Adams oor die voorval gepraat.
ANC maak gereed om homself te verdedig in polisie ondersoek
Die ANC verwag dat die party in die beskuldigingsbank geplaas gaan word weens die polisiekorruspie - skandaal wat hom nou voor die oë van die publiek afspeel. Die sektretaris generaal van die ANC Fikile Mbalula sê alhoelwel die ANC sy gewig agter die Madlanga kommisie gooi, dit nie beteken dat enige iemand wat daarin deelneem skuldig is nie. Die geskorste minister van polisie wat ook 'n ANC lid is, Senzo Mchunu, word by die bewering betrek. Ons praat met 'n politieke ontleder aan die Noordwes Universiteit se Sakeskool, professor Theo Venter
Lugbesoedeling maak SA kinders dodelik siek bevind verslag
Lugbesoedeling beinvloed kinders selfs voor geboorte en kan 'n groot bydraer wees tot kroniese siektes later in hul lewens. Dit is volgens 'n studie wat pas bekend gemaak is deur die organisasie Zero Cabon Analytics. Die navorsings-organisasie ondersoek spesifiek klimaatswetenskap, finansiering en energiesake om volhoubare oplossings tot die kwessies te vind. Die studie het bevind dat dit veral kinders onder vyf jaar oud is wat sterf weens komplikasies wat veroorsaak word deur lugbesoedeling en dat kinders in onder-ontwikkelde lande se kanse baie hoër is om te sterf aan lugbesoedelings-verwante komplikasies as ander lande. Hier plaaslik word Eskom as die hoof besoedelaar uitgewys weens die gebruik van steenkool. Ons praat met professor Roelof Burger van die Noordwes Universiteit se Eenheid vir Omgewingswetenskap en Bestuur hieroor
Het Mkhwanazi vir Mchunu Gedreig?
Dit sal een van die hoofvrae wees voor die ad-hoc kommittee wat besin oor Generaal Nhlanhla Mkwanazi se onthullings oor die verhouding tussen misdaadsindikate en ons regstelsel. Toe die polisieminister laas voor die komitee verskyn het, het hy beweer dat die KZN kommissaris in n telefoongesprek opgeneem is waarin hy direkte dreigemente maak teen hom. Tydens kruisverhoor deur lede van die ad-hoc komitee sal sy mening op die proef gestel word.
Wenke om die matriek-eindeksamen te oorleef
Monitor het met die Emeritus professor in opvoedkunde, Micheal le Courdeur, gepraat oor die uitdagings van die 2025 akademiese jaar vir ons matrikulante en hom ook gepols oor wenke om die eindeksamen te oorleef.
Gauteng Waterkrisis verdiep
Nie net kan Gautengse krane droogloop weens infrastruktuur probleme nie maar die water wat uit die krane kom is nie noodwendig so skoon soos dit moet wees nie. Riool, landbou -en toksiese afval vloei ongestoord in die provinsie se drinkwaterbronne. Boonop kan die probleem ook tot voedseltekorte lei want die water kwaliteit is nie van so aard dat boere sekere gewasse nie meer kan aanplant nie. Ons praat nou ook met 'n waterkenner van UNISA Prof Anja Du Plessis
DA stel nuwe wetgewing voor om SEB te vervang
Die DA het pas 'n wetsontwerp bekendgestel om swart ekonomiese bemagtiging te vervang met 'n inklusiewe verkrygings-regime in die "Wetsontwerp op Ekonomiese Insluiting vir Almal". Die party doen nou 'n beroep op die ANC om dit te ondersteun en - soos hulle dit stel - mense voor kaders te stel. Voglens die DA is die wetsontwerp daarop gemik om jare se ondoeltreffende ANC-bemagtigingsbeleid te vervang. Ons praat nou hieroor met die DA se Hoof van Beleid, Dr Ivan Meyer....
SA se Intelligensie Ketting is behoorlik gebreek.
So sê professor Anthoni van Nieuwkerk van die Thabo Mbeki skool vir internasionale aangeleenthede by UNISA. President Cyril Ramaphosa het die inspekteur-generaal van Inligting, Imtiaz Fazel, met onmiddellike effek geskors hangende 'n ondersoek deur die parlement se gesamentlike staande komitee oor Inligting na sy gedrag. Dit is nie bekend waaroor die ondersoek gaan nie, maar dit plaas die land se spioenasiedienste weer eens onder die vergrootglas. Die president het glo klagtes oor sy gedrag ontvang. Dit is wel net een aanduiding van die benarde toestand van die land se intelligensie en inligting dienste.
Mej Suid Afrika is soveel meer as 'n Skoonheidskompetisie.
Die heersende Mejuffrou Suid-Afrika, Mia le Roux, het die afgelope jaar 'n nuwe dimensie aan die titel gebring. Mia het 'n impak op die samelewing gehad, ten spyte van haar gehoorverlies, en gewys dat almal bo hulle omstandigehde kan uitstyg en presteer. op 25 Oktober word 'n nuwe Mej Suid-Afrika aangewys. Wat kan ons verwag? Ons praat nou met die mediapersoonlikheid en nuut aangesteldemede voorsitter van Mejuffrou Suid Afrika, Liezel van der Westhuizen.
Afriforum: "Eskom en Nersa mag nie, net met mekaar skik nie"
Die burgerregte-organisasie AfriForum het 'n hofbevel bekom wat 'n omstrede 54-MILJARD rand-skikking tussen Eskom en die nasionale energie-reguleerder, Nersa, stuit. Dié voorgestelde ooreenkoms, sou Eskom toegelaat het om dié bedrag oor drie jaar te verhaal. Eskom beweer dié bedrag is aan hul verskuldig weens 'n data-invoerfout in 'n vorige tariefbepaling deur Nersa. Om dié gelde te verhaal, sou daarop neerkom dat nóg 'n skerp, bogemiddelde verhoging in elektrisiteitspryse gehef sou word. Die Hooggeregshofbevel stel AfriForum nou in 'n posisie waar daar formeel ingegryp kan word. Morne' Mostert, Afriforum se bestuurder van Plaaslike regeringsake het aan Monitor verduidelik hoe dit JOU RAAK.
Kampusse in Vrystaat bly gesluit weens geweldadige betogings.
Studente aan die Universiteit van die Vrystaat se Qwa Qwa-kampus sê hulle is onseker oor wat die toekoms vir hulle inhou terwyl hulle die kampus ontruim. Die universiteit het hulle beveel om die kampus binne 24 uur te verlaat na gewelddadige betogings Maandagaand. Video's het aan die lig gekom van 'n konfrontasie tussen studente en veiligheidspersoneel. Die betogings volg na die besluit deur die universiteit om alle voorlopige registrasies op te skort vir die 2026 akademiese jaar.
Save video to ...