environment: devv2

Lorem Ipsum is simply dummy text of the printing and typesetting industry. Lorem Ipsum has been the industry's standard dummy text ever since the 1500s

listen to RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit
RSG Nuus en Aktualiteit

RSG Nuus en Aktualiteit

News

Nog 'n ANC vloekvoorval plaas die party se verkiesingsveldtog onder die vergrootglas 

Die Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, is in warm water nadat sy 'n vloek met 'n vloek beantwoord het tydens 'n gemeenskapsvergadering in Kouga in die Oos-Kaap. Sy het gevra dat 'n man op krukke na buite vergesel word, glo omdat hy nie na rede wou luister nie. Op pad uit het hy haar gevloek, en Majodina het teruggevloek. Die voorval volg kort nadat die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, ook in die sop was nadat hy op 'n inwoner gevloek het. Die ANC het groot aspirasies vir die plaaslike regeringsverkiesings op 4 November. Professor Piet Croucamp van die Noordwes Universiteit se Sakeskool, is gepols oor die ANC se jongste verleentheid.

06:02

Dis hoekom krane nog droog is in Beaufort-Wes 

Die Wes-Kaapse regering en die Beaufort-Wes munisipaliteit werk nou saam om watertoevoer na die oudste dorp in die Sentraal Karoo, te herstel. Inwoners sit sedert verlede week met droeë krane, weens oorstromings wat noodsaaklike watervoorsieningsinfrastruktuur beskadig het. Een-miljoen-rand is intussen beskikbaar gestel om noodherstelwerk in die dorp, te ondersteun. Die Wes-Kaapse minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell het dit so op Monitor verduidelik.   

04:33

Ambassadeur Roelf Meyer hou sy lyf rugby kenner....

Die laaste toets in die Greatest Rivalry reeks teen die All Blacks vir die naweek plaas. Duisende Springbok ondersteuners word by die wedstryd verwag.Jody Hendricks het met ambassadeur in dieVSA Roelf Meyer oor die opgewondenheid in die VSA  oor die wedstryd gepraat.

02:26

Is jy KI geletterd?

Vandag is Internasionale Geletterdheidsdag met 'n sterk fokus op die belangrikheid van lees, skryf en die verwerking van inligting. In 'n wêreld waar Kunsmatige Intelligensie al hoe meer deel van ons daaglikse lewens én die nuuskantoor word, vra ons: Wat moet 'n joernalis van KI weet, en hoe kan hulle dit verantwoordelik gebruik sonder om die publiek se vertroue te verloor? Vir meer hieroor praat ons met 'n buitengewone professor in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en ombud van News24, Professor George Claassen....

05:31

Parkeweek begin ten spyte van vloedskade aan infrastruktuur

Die jaarlikse inisiatief van SANParke, waar dagbesoekers vir 'n week gratis toegang tot die meeste van die land se nasionale parke kan kry, begin vandag, tot 13 September. Verskeie natuurrampe het vroeër vanjaar 'n aantal parke, onder meer die Krugerwildtuin, asook die Tuinroete- en Bontebok- Nasionale Parke, getref. Maar besoekers sal egter vandeesweek dié besienswaardighede kan geniet, berig Lizaan Groenewald........  

04:50

Verkiesingsnuus: Good en UDM stel burgermeesterskanidate bekend en Ipsos praat oor hulle peiling

Die GOOD-party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sal die party verteenwoordig as die burgemeester-kandidaat vir Kaapstad in die opkomende plaaslike regeringsverkiesing op 4 November. Die politieke party, wat in 2018 gestig is, het gister sy burgemeesterkandidate bekend gestel vir die 20 munisipaliteite waarin hy sal deelneem. Ricardo van der Merwe is aangekondig as die party se kandidaat vir die burgemeesterpos in die Weskus-distriksmunisipaliteit, terwyl Marius van Stade in die Stellenbosch-plaaslike munisipaliteit sal deelneem, en Katriena Rubyn in die Witzenberg-plaaslike munisipaliteit. Die leier van GOOD, Patricia de Lille, verduidelik wat die party se plan-van-aksie is...

16:11

Arina Jooste: Soldaat,Soldaat se vrou, Dankie Tannie en Mamma Rhino - luister na haar storie.

Onthou jy destyds die dankie tannie pakkies wat soldate op die grense ontvang het? Kan jy so 'n tannie onthou? Wel een van die soldaat vroue wat deel was van die projek Arina Jooste het pas 'n boek bekend gestel getiteld Sy wat wil diien ... waarin sy vertel van haar ervaringe. In die boek vertel sy hoe die waardigheid van vrou van soldate in die afgelee oorlogsgebiede behoue gebly het deur tradisies soos om nuwe innames met handskoene sykouse en 'n hoed te verwelkom. Arina Jooste sou ook later mamma Rhino word toe haar man Generaal Johan Jooste aangestel sou word as die hoofveldwagter wat die aanslag op ons renoster moes keer. Arina sê dit is tyd dat mense moet hoor wat vroue moes deurmaak terwyl hulle mans in die grensoorlog geveg het

09:25

Hoekom bly vroue in verhoudings waarin hulle mishandel word?

Daar is verskeie redes hoekom vroue in verhoudings bly waarin hulle mishandel word, en vrese is soms baie diepgewortel. Organisasies wat hulle vir vroueregte beywer meen vroue wat in verhoudings is waar hulle mishandel word, moet vir hulleself 'n sogenaamde Vryheidsfonds opbou. Navorsing wys dat finansiële afhanklikheid een van die redes is waarom soveel vroue in onveilige verhoudings bly. Maar dit is egter nié die enigste redes hoekom vroue hulleself betwyfel oor of hulle die verhouding moet verlaat nie. In Naweek Aktueel praat Esté de Klerk met Juanita du Preez, Action Society se nasionale woordvoerder.

08:55

'n Doktorsgraad-gegradueerde van Atlantis deel haar storie van hoop

Atlantis is 'n vergete dorp aan die Kaapse Weskus wat dikwels die nuus haal vir euwels soos bendegeweld, dwelm-en- alkoholmisbruik, en tienerswangerswappe. Die dorp is 'n uitvloeisel van die apartheidsregering se groepsgebiedewet wat hoofsaaklik bruin mense in 1976 daar neergeplak het. Maar te midde van donker tye, is daar altyd 'n sprankie hoop. In NaweekAktueel se profiel-onderhoud vertel die 29-jarige Allison Matroos van Atlantis hoe sy haar doktorsgraad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch verwerf het. In Naweek Aktueel se profielonderhoud, sê Allison aan Annelene Moses hoe bevoorreg sy is om te kon gaan swot en hoe die motivering van die studente vir wie sy soms klasgee, die grootste deel van haar liefdestaak is... 

09:16

NAWEEKAKTUEEL5 September 2026

Hoekom is dit so moeilik vir vroue wat vasgevang is in verhouding waarin hulle mishandel word, te stap? In Naweek Aktueel praat Esté de Klerk met die nasionale woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez; 'n doktorsgraad-gegradueerde van Atlantis vertel haar storie; dis Internasionale Liefdadigheidsdag; en Jody Hendriks praat weer met die filosoof en politieke ontleder, professor Pieter Duvenhage oor die rugbystryd tussen die Springbokke en die All Blacks. 

50:29

Vroue moet hullself bemagtig. Die NRO Girls on Fire help hiermee.

Meer as 50-duisend geslagsgebaseerde geweldsake en sake van vroue wat deur hulle lewensmaats vermoor word, word elke jaar by die polisie aangemeld. En, statistiek toon aan dat 110 vroue elke dag in die land verkrag word. Meer en meer vroue bemagtig hulleself met wapens om hulleself te kan beskerm. Die nie-regeringsorganisasie, GOSA Girls On Fire, wat in 2015 deur Lynette Oxley gestig is, help hiermee deur vroue emosioneel en fisies te om na hulle eie veiligheid te kan omsien. Esté de Klerk het met Lynette Oxley in Naweek Aktueel gepraat oor hoekom sy dié organisasie begin het. 

07:47

Nuwe skool handboeke op ys gesit 

Die Minister van Basiese onderwys Siviwe Gwarube het die verspreiding van nuwe leer-materiaal vir die 2027 akademiese jaar vir nou eers opgeskort. 6 385 nuwe titels is aanvanklik goedgekeur vir die gebruik deur leerders tussen graad 1 en 3. Die departement is egter genoop om ondersoek in te stel, nadat dit aan die lig gekom het dat die maatskapy wat die grootse kontrak ontvang het, eers 3 dae na die formulering van die spesifikasies vir die tender, geregistreer is. Die Minister Siviwe Gwarube het aan Monitor verduidelik hoekom die besluit geneem is. 

07:53

“Ek weet wie verantwoordelik  is vir my vrou se dood.” 

So sê Romero Hector aan Monitor. Die wewenaar van een van die drie bemanningslede van die SAS Manthathisi wat op 20 September 2023 by Kommetjie in Kaapstad omgekom het. Hector, se brandende begeerte na antwoorde kan nie uitgedoof word nie. Die tragiese gebeure het sy vrou, luitenant-kommandeur Gillian Hector, van hul gesin weggeruk. Wat hom tot raserny dryf, is dat nie die Vloot of die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag enige aanspreeklikheid wil aanvaar nie. 'n Ondersoek is gedoen en verlede jaar het Hector verneem die verslag is so geklassifiseer dat bitter min mense toegang daartoe het. Hy het verlede jaar 'n suksesvolle PAIA-aansoek in die verband gebring. Die Valke se ondersoek na óf enigiemand strafregtelik vervolg kan word, het ook drie jaar gelede begin, maar is nog nie afgehandel nie.   

12:52

Verkiesingsnuus: SAKP Wes-Kaap van ANC hof toe

Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party in die Wes-Kaap het regstappe teen die provinsiale ANC geneem, nadat die laasgenoemde besluit het om die SAKP se provinsiale sekretaris, Benson Ngqentsu, van die Wes-Kaapse provinsiale wetgewer, te verwyder. Ngqentsu en twee ander raadslede in die Suid-Kaap- en Overberg-streke is uit die kussings gelig, na bewerings dat hulle by 'n ander politieke party aangesluit het. Die SAKP in die provinsie beskryf die afdankings as 'n beplande verwydering van lede, wat die party in die openbaar verteenwoordig. Lizaan Groenewald het meer besonderhede.

03:25

Tatjana wag nou nog vir haar geld by  Swem SA

Suid Afrika se mees bekroonde Olimpiese atleet ooit, Tatjana Smith, is steeds in 'n regstryd met Swem Suid Afrika gewikkel. Haar prokureurs eis die betaling van rente op die prysgeld, wat sy met 'n silwer en ‘n goue medalje verdien het by die wêreldkampioenskap in Fukuoka, Japan in 2023. Die 35-duisend Amerikaanse dollar wat sy verdien het, is eers 'n jaar na die kompetisie oorbetaal.  Swem SAmoet nog repliek lewer oor wat eintlik met die rente gebeur het, en hoekom dit solank geneem het om die aanvanklike prysgeld oor te betaal.  Haar prokureur, Wian Spies, het klarigheid verskaf oor die eis wat tans voor die beheerliggaam se deur lê. 

06:37

Sal jy jou belasting bewillig om vroue uit die greep van mishandeling te bevry? 

Organisasies wat hulle vir vroueregte beywer sowel as regslui praat al hoe meer van 'n vryheidsfonds of in Engels, 'n Freedom Fund vir vroue wat in verhoudings is, waar hulle mishandel word. Navorsing toon dat finansiële afhanklikheid een van die redes is, waarom soveel vroue in onveilige verhoudings bly. Die idee is dat die vrou 'n vryheidsfonds begin met die hulp van die regering. Dit is hier waar geld gespaar word vir wanneer die vrou genoeg het, om so 'n verhouding te verlaat. 'n Spesialis-prokureur in familiereg, Shando Theron het aan Monitor gedeel, hoe so 'n fonds dalk kan werk. Sou dit vir jou 'n goeie aanwending van ons belasting geld wees? 

07:18

Operasie Prosper floreer sê die president...

President Cyril Ramaphosa sê dat Operasie Prosper baie goed verloop sover. Statistiek toon aan dat moorde in 14 van die 17 probleem gebiede afgeneem het, sedert Operasie Prosper begin het. Ramaphosa het vrae beantwoord in die parlement oor die operasie. Hy het wel erken dat vlakke van geweld in die gebiede nog hopeloos te hoog is. Ons praat nou met 'n senior navorser by die Instituut vir Sekerheidstudies, Willem Els... 

04:07

Onderwysers word dalk verbied om in privaat met leerders te kommunikeer. 

Onder watter omstandighede mag 'n onderwyser privaat op 'n elektroniese platform met jou kind kommunikeer? Die antwoord hierop sal eersdaags uit 'n reeks nuwe regulasies deur die Departement van Basiese Onderwys blyk. Die departement is hiermee getaak as 'n moontlike teenvoeter vir die verkragting van minderjariges. 'n Tussentydse verslag sal die rigting aanwys van hoe regulasies oor elektroniese kommunikasie binne skole aangepas sal word. Ons het op Monitor met met die uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole, Dr Jaco Deacon gepraat. 

05:32

Hoekom word diere keelaf gesny, tydens veediestal? 

DIE VOLGENDE BYDRAE BEVAT BESONDERHEDE WAT SENSITIEWE LUISTERAARS KAN ONTSTEL..... In Steynsrus in die Vrystaat het 'n veeboer uit pure wanhoop die karkasse van minstens 20 lammers wat keelaf gesny en agtergelaat is, by die plaaslike polisiekantoor afgelaai. Die boeregemeenskap kom gereeld op traumatiese slagtonele af waartydens die diere wat nie gesteel word nie, sommer keelaf gesny word. Die geskorste Minister van Polisie, Senzo Mchunu, het die provinsie in Maart verlede jaar besoek om homself van die omvang van veediefstal te vergewis. 'n Veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou, dr. Jane Buys, het die situasie aan Monitor verduidelik. 

07:43

Kudde immuniteit in gedrang ,,,

Soos jy reeds vroeer gehoor het , het Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes  'n waarskuwing uitgereik oor die voorkoms van die sogenaamde Rotavirus by kinders jonger as vyf jaar.  Die Instituut sê daar was 'n skerp toename in gevalle van die siekte in Pretoria.  Een sterfte is aangemeld.  Die Rotavirus is 'n bekende diaree-infeksie wat by kinders voorkom.  Intussen het die Nasionale departement van gesondheid gewaarsku dat Suid-Afrika die risiko loop om kudde immuniteit teen kinders siektes soos masels en duitse masels te verloor, omdat daar 'n afname in inentings is. Volgens die departement het die hoeveel kleuters wat nie inentings gekry het nie van 12 komma een persent in 2017 tot 36 komma drie persent gestyg in Januarie en April die jaar. Ons praat nou Prof. Leenta Grobler, Medeprofessor: Digitale Gesondheid en Innovasie by die Noord Wes Universiteit se departement van Gesondheidswetenskappe. 

07:57

Verkiesingsnuus: SAKP kwaad vir alliansie vennoot

Terwyl die versekering gegee is dat daar geen onmin heers in die RNE nie, kan dieselfde nie gesê word van die drie party alliansie van die ANC nie. Die SAKP het die afgelope naweek gesê dat hy steeds wag vir 'n versoening beraad tussen die party. Dit is ook vir hom duidelik dat alliansie vennote geen sê het meer nie terwyl die regse , liberale en magte wat gekant is teen die vryheidsmanifes die oorhand kry. Dit met verwysing na die ANC se RNE vennote. Die SAKP sê die feit is bevestig deur die onlange kabinetskommelinge wat aanvanklik deur die DA aangekondig is en daarna deur die president bevestig is. Ons praat nou met 'n politieke ontleder van die Noordwes Universiteit se Sakeskool, Professor Andre Duvenhage....

05:13

Verkiesingsnuus: JHB Metro burgermeester in die sop ....

President Cyril Ramaphosa het die Johannesburg Metro burgermeester Dada Morero se verskoning wat hy aangebied het na 'n uitval met 'n inwoner van die stad, aanvaar. Ramaphosa het wel gesê dat die optrede deur Morero heeltemal onaanvaarbaar is. Die openbare uitval tussen Morero en die inwoner het by die stad se Elektrisiteits imbizo in Tshepisong, verlede week plaasgevind. Ten aanskoue van die groep inwoners het een man heeltyd Morero as 'n krimineel uitgekryt, waarna Morero hom vererg en gesê het hy is nie 'n krimineel nie. Die woordewisseling het daarna ge-eskaleer en die Morero het die man gevloek en gesê hy is oud en praat nonsens. Ons praat nou met 'n Politieke ontleder verbonde aan CiviNoovus , professor Erwin Schwella

05:55

Airlink vlug dryf mense na hulle fone...

Die lugvaart maatskappy AIRLINK het in 'n verklaring gesê ...hy gaan nie nou kommentaar lewer nie oor die verbyvlug oor die DHL Stadion in Kaapstad tydens die rugby wedstryd tussen die All Blacks en Suid-Afrika.Airlink sê hy is bewus van die bekommernis oor hoe laag die vliegtuie gevlieg het, maar het ook in die verklaring gesê dat alle veiligheidsprotokolle gevolg is om die verbyvlug veilig te maak.  Intussen het internet verkeer weer tydens die wedstryd die hoogte ingeskiet.  Die direkteur van die KI hub by Noordwes Universiteit, professor Annè Verhoef sê, binne 24 uur het meer as 5 miljoen mense weer gaan kyk na die verbyvlugte wat die internetverkeer tendens verder gedryf het.

03:41

KI-misbruik: Die nuwe bedreiging vir die komende verkiesing

’n Voornemende ANC-burgemeesters-kandidaat vir die Tshwane-metro in Gauteng, Kgosi Maepa, wat na bewering vervalste KI-videos vir politieke gewin versprei, word onderskeidelik deur die DA en ActionSA by die Onafhanklike Verkiesingskommissie verkla vir die verspreiding van waninligting in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing in November. ActionSA het ook 'n soortgelyke strafregtelike klagte teen Maepa aanhangig gemaak. Ons het op Monitor met albei partye gepraat en ook wenke by 'n kenner gekry om te onderskei tussen die ware Jakob en waninligting in aanloop tot die verkiesing. 

13:45

Na die glorie van die sokkerwereldbeker bly Bafana steeds sonder ‘n afrgiter. 

Dit is een van die redes hoekom sekere SAFA-lede glo dringende ingryping is nodig by die sokkerbeheerliggaam en ook hoekom Danny Jordaan nie waardig is om nog ’n termyn as president te dien nie. Bennet Bailey is die visie-president van SAFA, maar is in ’n stryd gewikkel om ontslae te raak van Jordaan. Hy het namens SAFA Kaapstad 'n brief gerig aan FIFA om dringend ondersoek in te stel na beweerde onreelmatighede wat hy sê sokker se voortbestaan in die land in gedrang bring. Hy het daaroor op Monitor gepraat. 

08:32

Die gebruik van KI in boerdery is noodsaaklik

So sê die ekonoom Theo Vorster. Hy het aan Monitor verduidelik hoekom boere, wat nie Kunsmatige Intelligensie gaan inwerk by hulle bedrywighede nie, agtergelaat kan word. Met insetkoste soos brandstof, water en kunsmis wat winsgrense erg inperk, kan tegnologie groot verbeteringe aan 'n boer se balansstaat aanbring.   

06:13

Verkiesingsnuus: Die DA se prioriteit in Durban sal wees om die metro se probleme met water op te los

Die DA se prioriteit in Durban sal wees om die metro se probleme met water op te los. Dit was die DA leier - Geordin Hill-Lewis - se boodskap op 'n verkiesingsaamtrek in Umhlanga. Met net meer as 2 maande voor die munsipale verkiesings op 4 November, is dit sy tweede besoek aan Durban in die party se veldtog. By die vorige geleentheid het Hill-Lewis die enigste DA-beheerde munisipaliteit in KwaZulu-Natal by Howick besoek, en daarna 'n saamtrek in Pinetown toegespreek. Dries Liebenberg berig . . . 

05:09

Vakbonde maak geen vordering met Premier Foods oor Tulbagh sluiting nie. 

Verskeie vakbonde het Woensdag samesprekings met Premier Foods gevoer oor hulle plan om die vrugte inmaakfabriek op Tulbagh in die Wes-Kaap te sluit. Intussen is die maatskapy voor die Wes-Kaapse staande komitee oor landbou gedaag oor die besluit. Meer as 200 vrugte-produsente se kontrakte, 250 permanente werkers en 2000  seisoenale werksgeleenthede, is nou in gedrang. Ons het op Monitor met die hoof-sekretaris van die vakbond Solidariteit, Gideon du Plessis gepraat.   

06:30

Die dae dat jy tydig en ontydig lastig geval gaan word deur tele-bemarkers is amper op 'n einde - of is dit?

 Soos ons vroeër in Monitor berig het, het die Nasionale Verbruikerskommissie aangekondig dat sy sogenaamde nasionale Opt-Out-register binnekort gereed sal wees. Hierdie stelsel sal verbruikers die mag gee om ongewenste strooi-oproepe en boodskappe vooruit te blokkeer. Ons praat met Trudie Broekman van Trudie Broekman Prokureurs oor hoe moeilik of maklik die proses van registrasie gaan wees

08:36

VF+ vs DA: Bekgeveg oor raadslid in Tshwane wat oorloop

Daar is woelinge in die Tshwane se politieke landskap met die voormalige VF Plus-koukusleier in die Metro, Grandi Theunissen, wat nou by die DA aangesluit het. Theunissen is vroeër vandeesmaand as VF Plus-koukusleier verwyder ná 'n interne ondersoek oor die koukus se steun vir 'n eiendomsontwikkeling wat die party voorheen teengestaan het. Ons het met die bugermeesterskandidaat van die DA Cilliers Brink en die leier van die Vryheidsfront Plus, Corne Mulder gepraat oor die wending en ook politieke ontleding by Roland Henwood gekry oor wie die wenner is na die oor en weer. 

11:17

'n "Super" El Niño-verskynsel wag op SA

Wetenskaplikes waarsku dat die El Niño-verskynsel vanjaar moontlik een van die sterkste in mense-heugenis kan wees, met die potensiaal om wêreldwyd warmer temperature en meer ekstreme weerstoestande te veroorsaak. Dit kan ingrypende gevolge vir Suid-Afrika hê, veral vir reënvalpatrone, landbou en watersekerheid. Ons praat nou hieroor met Professor Francios Engelbrecht van die Global Change Instituut.

16:03

Die ma's van Westbury moet eers vrede maak voor daar sal vrede wees...

Inwoners van Westbury vra dat hul woonburt tot 'n rampgebied verklaar word, aangesien bendegeweld handuit ruk. Die gemeenskap is die afgelope tyd in die nuus weens noodlottige skietvoorvalle en toenemende kommer oor bendegeweld. Inwoners het Vrydag 'n memorandum aan die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, en die Johannesburgse burgemeester, Dada Morero, oorhandig, waarin hulle sterker en meer doeltreffende optrede eis.  'n Gemeenskapsaktivis van die burgerlike organisasie, One Force SA, Eugene Dooms sê daar sal net vrede in Westbury wees as die ma's vrede maak...

07:47

ANC sê sy raadslede gaan almal 'n nuwe blaadjie omslaan na die verkiesing.

Die ANC het sy verkiesingsmanifes in Diepsloot, Johannesburg, bekendgestel. President Cyril Ramaphosa se ses-punt-plan, sluit kwessies in soos gehalte dienslewering, die opknapping van infrastruktuur, om beleggings te lok en werk te skep, die bou van veiliger gemeenskappe, en die verskerping van die stryd teen geslagsgeweld. Die ANC parlementslid, Cameron Dugmore, sê dieANC gaan 'n nuwe blaadjie omslaan. 

10:39

RSG Naweekaktueel 22 Augustus 2026

Bendeverwante misdaad onder die soeklig: wat is die oplossing - ons praat met 'n voormalige bendeleier en die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir polisie; raadslede in Knysna skuil in plekke van veiligheid ná die moord op drie ANC-lede; huldeblyke stroom in ná die skietdood van die bokslegende, Zolani Tete; em doe eerste van drie titatiese kragmetings tussen die Springbokke ne die All Blacks.

48:44

Bendeverwante misdaad onder die soeklig: Wat is die oplossing?

Die Parlement se Portefeuljekomitee oor Polisie sê die kommer wat deur gemeenskappe dié week tydens sy bendegeweld-beraad geopper is, moet nou in optrede  omskep word. Meer as 150 mense, insluitend slagoffers, gemeenskaps-verteenwoordigers, burgerlike samelewings-organisasies, polisiëringskundiges en regeringsamptenare, het aan die beraad deelgeneem. Parlementslede sê hulle het die kommer oor polisiëring, dwelms, onwettige vuurwapens, polisiekorrupsie en onvoldoende ondersteuning vir gemeenskappe gehoor, en moet nou regoor die regering saamwerk om dit aan te pak. Esté de Klerk praat op Naweek Akteel met 'n voormalige bendeleier, Welcome Witbooi, en met Ian Cameron, die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir polisie. 

14:23

FW De Klerk Stigting: "Ekslusiewe Afrikaanse Universiteite sal lei to uitsluiting

Solidariteit se Akademia Universiteit, wat in die Wes-Kaap en Gauteng sonder enige bystand van die regering gebou word, het die afgelope tyd tot groot debat gelei. Akademia het ook reeds 'n kampus in Centurion, Gauteng. 'n Voormalige minister van onderwys, Naledi Pandor en die onderwyskenner Professor Jonathan Jansen, is van die mense wat hulle teen die ontwikkeling van dié uitsluitlik Afrikaanse universiteite uitgespreek het. Die uitvoerende direkteur van die FW de Klerk-stigting, Christo van der Rheede, het aan Monitor verduidelik hoe die strewe na moedertaalonderrig nooit tot die uitsluiting van enige deel van 'n taalgemeenskap moet lei nie. 

08:27

Die Transformasiefonds kan dalk lei tot die einde van Swart Ekonomiese Bemagtiging

So sê die ekonoom, Dawie Roodt. Die regering is besig om regulasies te formuleer rondom ‘n nuwe 100-miljard rand fonds wat maatskapye sal noop om by te dra tot ‘n fonds wat gebruik sal word om agtergeblewe sake-ondernemings te ondersteun. Roodt het vanoggend saam met die sakeleier, Cas Coovadia op Monitor gepraat oor die regering se nuwe verhouding met die sakesektor en die program van venootskappe wat nou sy derde fase betree. Die kwessie oor watter rol Swart Ekonomiese Bemagting onder hierdie program sal speel, was een van die groot fokuspunte.   

10:23

Jy moet betaal om vinnig reg te kom by die Meesterskantoor

Die voortslepende wanbestuur en agterstande in die afhandel van boedels en trusts by die Meesterskantoor in Johannesburg het ontaard in 'n administratiewe nagmerrie. Prokureurs sê kliënte se lêers lê tot teen die plafon opgestapel, aanlynstelsels stort voortdurend ineen, terwyl kritieke leierskapsposte vakant bly. Tiaan Joubert is die voormalige voorsitter van die Gauteng Prokureurs Vereniging en het aan Monitor verduidelik wat die impak van hierdie gebreke is, maar ook vertel hoe jy vinnig reg kan kom indien jy bereid is om hand in die sak te steek.   

04:17

VF+: "Hou op geld mors op naamsveranderinge"

Die Oos-Kaapse Geografiese Name-komitee gaan voort met 'n proses om onder meer Lady Grey na Inkosi Makhobeni, Sterkspruit na Inkosi Mpangazi , en Herschel na Inkosi Lihlongo te verander. In reaksie hierop sê die Vryheidsfront Plus hy verwerp onnodige, duur en polities-gedrewe naamsveranderinge wat gemeenskappe verdeel en geld in die water gooi. Die party se leier in die Oos-Kaaps Piet Mey het daroor uitgebrei op Monitor.

05:40

Owerhede steeds bekommerd oor die misbruik van GLP-1 medikasie.

Ons het gister berig dat die Suid-Afrikaanse gesondheidsreguleerder mense waarsku teen 'n toename in die verkoop van onwettige gewigsverlies medikasie.  Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid, oftewel SAHPRA, sê die produkte word veral op sosiale media verkoop, maar is ook by gimnasiums en skoonheidswinkels beskikbaar. 'n Endokrinoloog en buitengewone professor aan die Universiteit van Pretoria, Professor Tess van der Merwe, sê dit is vir haar duidelik dat daar wel optrede deur die owerhede is om die gebruik van die produkte te stop... 

07:34

LUISTER: Indien jou kind sosiale media speletjies speel

'n Sestienjarige seun van Malmesbury in die Wes-Kaap, word deur 11 verskillende aanklagte in die gesig gestaar, na sy inhegtenisneming in verband met die beweerde bedrywighede van 'n wêreldwye aanlyn-netwerk wat kinders seksueel uitbuit. Die minderjarige het gister in die landdroshof in Malmesbury verskyn. Die aanklagte teen hom sluit onder meer in: seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding, die seksuele uitbuiting van minderjariges, die blootstelling van 'n minderjarige aan pornografie, die onwettige besit en verspreiding van kinderpornografie, en 'n verdere aanklag van wreedheid teenoor 'n dier. Luitenant Kolonel Amanda Van Wyk van die polisie verduidelik hoe jou kind dalk betrek kan word by die wereldwye aanlyn-netwerk wat bekendstaan as 764.   

09:40

Dus hoe die regering se 'goedkoper kragplan' sal werk

Die minister van elektrisiteit en energie, Dr. Kgosientsho Ramokgopa, beplan om die prys van krag goedkoper vir verbruikers en sakeondernemings te maak. Hy stel onder meer voor dat die maandlikse toekenning van basiese elektrisiteit aan lae-inkomste huishoudings tot minstens 200 kilowatt-uur verhoog moet word en dat die energie-reguleerder, NERSA verplig moet word om 'n 10-jaar kragprys-skatting te publiseer. Ramokgopa het pas die Hersiene Elektrisiteitsprysbeleid bekendgestel. Hoe sal dit jou raak en is alles haallbaar, is vrae wat ons aan die energiekenner Corneels Schabbort op Monitor gestel het.   

07:12

Boere wat rug draai op bek- en klouseer- inentings, aan die toeneem. 

Dit het aan die lig gekom tydens ‘n gesprek met die president van Vrystaat Landbou, Francois Wilken. Hy het op Monitor verduidelik hoekom daar ‘n toename in bek-en-klouseer gevalle gesien word in die provinsie ondanks meer as 1-komma-4 miljoen beeste wat ingeent is en ten spyte van die vermoë van die privaatsektor om self inententings in te voer.   

06:53

Stadige NSFAS-uitbetalings hou 'n groot bedreiging in vir openbare universiteite. 

Universiteite in Suid-Afrika sit met 'n groeiende finansiële krisis, met openbare universiteite wat wag op sowat 10-komma-5 miljard rand se uitstaande NSFAS-betalings. Boonop wag duisende studente ook op klarigheid oor hulle betalings. Die studente hulpskema, NSFAS het 'n  begroting van 54-komma-3 miljard rand en moet nog meer as 10 000 studente se uitbetalings verifieer. Ons het met die Hoër Onderwyskenner, professor Linda Meyer, hieroor gepraat.    

12:17

Urineer in die openbaar - JHB Metro Polisie steek 'n daarvoor

Die Johannesburg Metro polisie sê hy gaan mense en veral mans, wat orals in die openbaar urineer vasvat. Die metro polisie voer aan dat dit 'n on- higiëniese gemors is en dat dit infrastruktuur beskadig. Een van die maniere waarop jy gestraf kan word as jy betrap word is dat jy gedwing kan word om die gemors self af te was. Ons praat nou met die woordvoerder van die metro polisie Xolani Fihla en die Hoof van Strategiese Kommunikasie by die Instituut vir Rasseverhoudinge, Herman Pretorius oor die tendens...

11:12

Motoriste moet asseblief nie paddas dood ry op die paaie in die Wes-Kaap nie

Dit is weer paar tyd vir die Westerse- Luiperd -padda in die Wes-Kaap. Die hoogs bedreigde spesie migreer in die tydperk na plekke met water sodat hulle kan voortplant. Dit beteken noodwendig dat hulle oor besige paaie moet beweeg. Dit is om die rede dat die organisasie wat hulself bemoei met die bewaring van die paddas, die " Western Leopard Toad organisation" vra dat mense nie die paddas moet raak ry nie.  Dagny Warmerdam is een van die bewaringsbeamptes by die organisasie sê die spesie is baie vir die omgewing... 

04:20

BRANDPUNT 13 AUGUSTUS

In die Program: Die Durbanse sleepwa-operateur Bevan Loftus, se pa beweer sy seun is deur die polisie tereggestel. Bykomende gespesialiseerde spanne is na Noordwes ontplooi, waar reddings- en ondersoekoperasies by 'n ongebruikte myn voortduur en die tweelingsussies Sabine en Annick Desmarais maak geskiedenis op die rugbyveld in Bloemfontein. 

15:45

BRANDPUNT 11 AUGUSTUS

In die Program: Veertien vermeende onwettige mynwerkers is by Nkaneng in Noordwes dood in 'n rotsstorting, werkloosheid in Suid-Afrika neem toe in die tweede kwartaal van die jaar en wenke vir hoe jy die bibberweer kan troseer

14:39

Dis hoe jy veilig bestuur in die sneeu

Met sneeu net waar jy kyk op Suid-Afrika se hoogste bergpasse, hou die wit bedekking ‘n ernstige bedreiging in vir Suid-Afrikaanse padgebruikers wat glad nie daaraan gewoond is nie. Ons het by die stigter van Arrive Alive, Johann Jonk, gaan uitvind hoe om veilig te bly in hierdie buitengewone weersomstandighede.       

07:21

Tronkstraf gepas vir Malema, sê Afriforum 

Die burgerregtegroep Afriforum se privaat vervolgingseenheid verwelkom die besluit deur die Nasionale Vervolgingsgesag om die EFF-leier Julius Malema strafregtelik weens crimen iniuria te vervolg. Dít volg ná Malema se bewerings oor 'n Oos-Kaapse skoolhoof, Jaco Pieterse, wat hy van die verkragting van 'n minderjarige beskuldig het. Die hoof van Afriforum se privaat vervolgingseenheid, Gerrie Nel verduidelik ook dat die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula in sy visier bly vir moontlike privaat vervolging oor dieselfde aangeleentheid. 

10:43

Ouers moet kinders help om druk van sosiale media te bestuur

Die sangeres Ariana Grande het onlangs aangekondig dat sy uit die kollig gaan tree. Dit na 'n suksesvolle musiek toer. Grande voer aan dat alhoewel sy weet dat sy in die kollig is en blootgestel is aan mense se kritiek, sy vir haar eie emosionele gesondheid nou gaan wegstap van die konstante aandag - veral weens die kommentaar oor haar lyf. Dit is nie die eerste bekende wat weens emosionele druk die besluit geneem het nie. Ons praat nou met  die hoof van Gesondheidsleierskap by Stellenbosch se Sakeskool, Prof Renata Schoeman. 

07:07

Afleggings in die mediabredryf is 'n reuse knou vir joernalistiek 

Die Joernalistiekbedryf is 'n groot slag toegedien met afleggingsprosesse, wat by verskeie van die land se grootste onafhanklike media organisasies begin is. Media24 het laat verlede week 'n kennisgewing uitgereik oor 'n herstruktureringsproses, wat 126 poste kan besnoei by publikasies soos Huisgenoot, Sarie, Netwerk 24, News24 en Weg. Die onafhanklike uitsaaier, ENCA ook bekend gemaak dat hy moontlik die helfte van sy werknemers sal moet aflê. Daar word tans vergaderings met 171 werknemers gehou om die moontlike besnoeiing van hulle poste te bespreek. Alle kontrakte met vryskutpersoneel sal ook nie hernu word nie. Ons het met die vakbond, Solidariteit gepraat oor die ontvouende proses by Media24 en ook gaan kers optsteek by ‘n mediakenner oor wat die uiteindelike impak op joernalistiek sal wees.  

11:40

Hoe sal die hof oor grond-onteiening besluit?

'n Volbank regters van die Hooggeregshof in Kaapstad het die taak om te beslis, of die Onteieningswet grondwetlik is óf tersyde gestel moet word. Die DA, Afriforum, die Instituut vir Rasseverhoudinge en die Vaderland-stigting is gekant teen sekere elemente van die wet, en die regering moes gister bontstaan om dit te verdedig. Met ons voortdurende oog op die storie, het ons vanoggend gekyk na die regsargumente van die Instituut vir Rasseverhouding en Afriforum en bespiegiel oor hoe die hof daaroor sal beslis.   

14:09

'n Moslem vrou se wapenlisensie afgekeur weens haar Hajib

'n Maatskaplike werker van Parow in Kaapstad, Farzana Rahiman, is ontnugter nadat haar vuurwapenlisensie afgekeur is, glo omdat sy 'n hijab op die foto vir die aansoek dra. Dit is 'n doek wat rondom die gesig vou en nie enige gesigskenmerke bedek nie, en dit voldoen aan biometriese vereistes. Rahiman se ID-dokument, bestuurslisensie en paspoort het almal foto's van haar met die hijab. Sy sê sy is aangesê om eerder 'n pruik of geweefde hare te dra of kunsmatige intelligensie in te span. Tot dusver het sy sowat 25-duisend rand aan die proses bestee. Ons het op Monitor daaroor gepraat. 

12:45

“Smaakmaak” vir geld neem toe onder Suid Afrikaners

Daar is beduidende groei in die aantal Suid-Afrikaners wat sosiale media gebruik om ekstra inkomste te genereer. Old Mutual se jongste besparings- en beleggingsmonitor toon dat die syfer van 37-persent van deelnemers aan die opname in 2025, na 51 persent vanjaar gegroei het. Wat ontleders verbaas is dat die skerpste groei plaasvind onder Suid Afrikaners ouer as 50 jaar. Izak Odendaal is 'n beleggings- strateeg by Old Mutual en het op Monitor met ons daaroor gepraat. Ons het ook by ons RSG-kollega, Derrich Gardner gehoor hoe hy sy ”smaakmaak besigheid” groei.   

07:41

Die Aansoek proses vir Militêre voordele is 'n hopelose situasie. 

Die Organisasie Amalgamated Military Veterans of South Africa beskryf die aansoek proses vir voordele as chaoties en hulpeloos. Op Monitor is ons besig met n voortslepende ondersoek na die situasie wat 87 duisend veterane gelaat het sonder die voordele waarop hulle regetig is. Ons het van ons luisteraars se ervaringe met die proses gedeel met die organisasie en sy bestuurs hoof Ernest Lintnaar sê terwyl hulle hulself aan die howe wend om verbeteringe af te dwing is begunstigdes se beste kans van vordering om met hulle in verbinding te tree.  Luister beslis en neem jou saak direk met hulle op.  Amalgamated Military Veterans of South Africa Kontaklys:  e-pos: ErnestL@avsa.org.za sel#: 079 146 6386

12:12

Drie jaar later, en militêre veterane wag steeds vir voordele 

  'n Jaar nadat ons daaroor berig het, wag 87-duisend militere veterane steeds op hulle stature voordele. Sedert die uitbetalingsproses in 2023 begin het, is twintigduisend reeds oorlede sonder om ‘n sent te sien. Die DA se woordvoerder vir verdediging, Chris Hattingh het aan Monitor gesê dat die kanse van ’n onmiddelike oplossing baie skraal bly omdat die fondse ook opgedroog het.  

09:50

Jacinta Ngobese-Zuma: "SA moet 'n muur bou" 

Op 30 Junie, presies 'n maand gelede, het die land tot stilstand gekom weens die landwye optogte wat deur March and March gereël is, teen die teenwoordigheid van ongedokumenteerde buitelanders in Suid Afrika. Meer as 70-duisend mense is gerepatrieer na lande soos Malawi, Zimbabwe, Ghana en Nigerië as gevolg van hulle volgehoue druk. Maar was die optog suskesvol? Het dit die organisasie March and March nader gebring aan hulle eise vir beter wetstoepassing binne Suid Afrika en meer doeltreffende beheer van onwettige immigrante by ons grense? Ons het met die leier van die organisasie, Jacinta Ngobese- Zuma gepraat op Monitor.   

11:35

Hoekom poging tot moord vir man wat vrou met MIV besmet? 

‘n Man wat na bewering MIV doelbewus aan sy vriendin oorgedra het, sal na verwagting Maandag in die landdroshof in Pretoria verskyn. Hy word aangekla van poging tot moord en is tans in aanhouding. Die paartjie was in 'n verhouding tussen Oktober 2025 en Junie vanjaar. Hy het na bewering oor sy MIV-status gelieg totdat sy vriendin op anti-retrovirale medikasie tussen sy goed afgekom het. 'n Konfrontasie het gevolg waarna hy glo sy leuen erken het. Hy wou glo nie hê sy moet 'n verhouding met 'n ander man aanknoop nie. Die vrou het haar vir MIV laat toets en die uitslag was positief. Sy het daarna 'n klag by die polisie ingedien. 'n Voormalige regter wat spesialiseer in grondwetlike litigasie, advokaat Anna-Marie de Vos, het die konteks van die saak verduidelik aan Monitor. 

04:27

Adams: "Ek wil my saak stel aan Madlanga"

Die hoof van die nasionale vervolgingsgesag, Advokaat Andy Mothibi, het Maandag opdrag gegee dat die strafsaak teen die hoof van die polisiediens se misdaadintelligensie-eenheid, Luitenant Generaal Dumisani Khumalo, laat vaar word. Khumalo en verskeie ander individue is deur die ondersoek-direktoraat teen korrupsie - IDAC - aangekla, nadat die leier van die National  Coloured Congress, Fadiel Adams, verskillende sake hieroor aanhangig gemaak het. Hy het op Monitor met ons daaroor gepraat en sê hy sal nie die sake terugtrek nie en hou vol hy wil voor die Madlanga Kommissie verskyn om sy kant van die saak te stel.

07:15

Twee kante van die polisie se mislukking teenoor slagoffers van verkragting

Duisende uitstaande forensiese monsters, wat verband hou met verkragtings, moorde en seksuele misdrywe teen kinders, lê steeds onverwerk in die polisiediens se laboratoriums. In 'n ander storie:  Indien die waarnemende minister van Polisie Feroz Cachalia nie dringend ingryp nie sal daar ook n nasionale krisis wees met ’n tekort aan verkragtings-bewys-toestelle. Wat word gedoen om die situasie te herstel? Ons het ook ’n breër gesprek afgeskop op Monitor oor hoe die polisiediens kan en moet verbeter. Minister Cachalia is tans besig om oorleg te pleeg met kunidges om met n herstelplan vir die polisie vorendag te kom. Ons het met ‘n voormalige polisielid en nou akademikus, Cobus Steenkamp gepraat oor sy vyf-punt-plan vir herstel, wat hy met Cachalia gedeel het.   

19:38

'n Slang in die gras by die Openbare Beleggingskorporasie....

Die geskorste bestuurshoof van die Openbare Beleggingskorporasie Patric Dlamini het 'n dringende aansoek in die hooggeregshof in Pretoria ingedien om sy skorsing onwettige te laat verklaar. Dlamini is deur die raad afgedank weens bewerings deur 'n fluitjieblaser teen hom. DIe fluitjieblaser het beweer onder meer dat Dlamini 'n forensiese ondersoek na 'n belegging in Lanseria goedgekeur het sonder die raad se goedkeuring. Die minister van finansies Enoch Godongwana het intussen gesê dat hy binnekort 'n nuwe raad by die Belggingskorporasie aanstel nadat agt raadslede en die adjunk minister van finanasies David Masondo ook intussen bedank het. Die korporasie se grootste klient is die Suid-Afrikaanse Staatsamptenare pensioenfonds. Ons praat nou met Chris Wehmeyer, portefeulje bestuurder by PSG Wealth Pretoria-Oos. 

06:53

100 Dae tot die verkiesing: Al jou vrae word beantwoord. 

Vandag oor 100 dae vind die munisipale verkiesing plaas op 4 November plaas. Ons het op Monitor geleentheid gegee aan die luisteraars om hulle vrae te stel oor die dag wanneer ons almal ons kruisies gaan trek, asook die finale registrasieproses wat hierdie naweek weer plaasvind. Kan jy voor die tyd stem indien jy op die dag met vakansie gaan wees en wat gebeur met tieners wat net voor die verkiesing 18 word. Luister gerus.   

15:47

Is die EFF besig om sy deuntjie oor grond te verander? 

Hierdie vraag word deur professor Piet Croucamp van Noord Wes Universiteit gevra na afloop van die EFF se bekendstelling van sy verkiesingshandves. Duisende ondersteuners het die afgelope naweek die  geleentheid by die Thoyandou stadion in Limpopo bygewoon wat ook gedien het as die party se 13de bestaansviering.   

06:57

RSG se Helena van Vuuren groet ná 39 jaar...

Ná byna vier dekades by die SAUK, tree Helena van Vuuren op 31 Julie 2026 af... Haar laaste 25 jaar van die 39 jaar wat sy vir die SAUK gewerk het, was in Johannesburg in die amp as SABC Nuus: Kopieredakteur. Maar haar nuusneus het haar op vele paaie gelei, en haar baie dinge geleer... Ook van die lewe... én haarself. In Naweek Aktueel se profielonderhoud sê sy aan Esté de Klerk sy tree af met deernis, én heimweë... 

13:07

Psigaters waarsku dat niks wat jy aan kletsbotte sê privaat is nie...

Wanneer iemand omstreeks drie-uur die oggend angstig, oorweldig of emosioneel is, is 'n sielkundige of psigiater dalk nie beskikbaar nie, maar 'n KI-kletsbot is net 'n paar tikke weg. Al hoe meer mense wend hulle deesdae tot kunsmatige intelligensie vir emosionele ondersteuning, want hulle glo professionele geestes-gesondheid-sorg is onbekostigbaar en ontoeganklik. Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters waarsku egter dat die raad wat kletsbotte oor geestesgesondheid verskaf, meer skade as goed kan doen. Ons praat meer hieroor met 'n psigiater en lid van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Psigiaters, Dr Melané van Zyl,

07:58

DIGNITY SA gaan hooggeregshof toe oor bystandsdood...

Die Nasionale Vervolgingsgesag gaan nie 'n hofaansoek om wetgewing wat mediese bystanddood kriminaliseer, ongrondwetlik en ongeldig te laat verklaar, teenstaan nie. Dignity SA het dié aansoek in die Hooggeregshof in Pretoria gebring. Dié organisasie voer aan dat mense wat aan ongeneeslike siektes en erge pyn ly, ook die reg op menswaardigheid en liggaamlike outonomie, behoort te hê. Die mede-stigter van DignitySA, professor Willem Landman, sluit nou by ons aan…

06:24

Wat is die impak op Suid-Afrika as die Bab-Al-Mandeb-seestraat gesluit word?

Die Houthi-rebelle in Jemen, wat Iranse bondgenote is, het die belangrike olie vervoer-roete, die Bab al-Mandeb-seestraat, gesluit vir Saoedi-Arabiese skepe. Die Houthi-beweging sê ses skepe het intussen in die Rooisee omgedraai sedert hy sy maritieme blokkade op Saudi Arabië aangekondig het. Daar word berig dat twee swaar gelaaide tenkskepe nou 'n ander roete begin invaar het, wat baie duurder sal wees. Die BBC se Joanna Keen het meer besonderhede.

06:24

Gaan jou huis onteien word vir die Gautrain se uitbreiding? 

Die Gautrein se roetes gaan binnekort uitgebrei word met 19 nuwe stasies wat oor die volgende 15 jaar beplan word. Maar ten spyte van dié goeie nuus oor beter openbare vervoer, is daar ook die baie sensitiewe kwessie van grondonteiening om plek te maak vir die treinspore. Voorstede en woongebiede soos Soweto en Mamelodi, asook dele van die Wes-Rand gaan eerste geraak word. Maar wat beteken dit vir woonhuise en besighede wat in die pad van die nuwe spore lê? Cor van Deventer, die direkteur van Aktebesorging by Van Deventer Dowlath & Marx het aan Monitor verduidelik hoe die onteieningsproses sal werk en waar jy moet kyk om seker dat dat jy nie geraak word nie.   

06:49

Uitspraak deur hooggeregshof skep verwarring in egskeidings

Die Hooggeregshof in Kaapstad het onlangs beslis dat die lex domicilii matrimonii-reël ongrondwetlik is, omdat dit outomaties voorkeer gee aan die man in die egskeidings prosedures.  Die hof het bevind dat dit ongrondwetlik is, omdat dit 'n voordeel kan gee aan net een party in die skeisaak. Vir wat die implikasies is van die uitspraak praat ons nou met Shando Theron van Theron Ingelyf, wat in Familereg spesialiseer...

07:03

Operasie Prosper is nie regtig suksesvol nie meen kenner

Die polisie is besig met 'n ondersoek na verskeie klagtes van brutaliteit deur lede van Operasie Prosper teen die publiek. Die polisie wil glo nie op die stadium te veel besonderhede bekend maak oor die hoeveelheid en aard van die klagtes nie. Die jongste klagte is egter van 'n man in Elsies Rivier in die Wes Kaap, wat glo so erg deur polisielede tydens die operasie aangerand is, dat hy sy bewussyn verloor het. Ons praat met 'n Direkteur van Sekuriteit vir die Verenigde Nasies in Hoë risiko lande en 'n voormalige senior weermag offisier Chris du Toit.  

06:31

Ons MeerkKAT-radioteleskoop: 8 jaar van baanbreker-wetenskaplike ontdekkings 

Die MeerKAT-radioteleskoop, sowat 90-kilometer buite Carnarvon in die Noord-Kaap, word wêreldwyd as een van die kragtigste radioteleskope van sy soort beskou. Sedert dit in Julie 2018 in gebruik geneem is, het dit baanbreker-ontdekkings gemaak: sterrekundiges van regoor die wêreld het tot dusver meer as 700 navorsingsartikels gebasseer op MeerKAT-data in toonaangewende internasionale vaktydskrifte gepubliseer. Dit is dalk een maatstaf van die teleskoop se sukses, maar watter impak het MeerKAT werklik gehad op die wetenskap, Suid-Afrika en die wêreld? Om dié vraag te beantwoord, het ons op Monitor met Professor Pieter Meintjies van die Astrofisika Navorsingsgroep by die Universiteit van die Vrystaat gepraat. 

07:23

Die ombud van die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie ondersoek klagtes teen verskeie senior amptenare van dié instelling.

Die pas-aangestelde ombud van die Onafhanklike Direktoraat teen Korrupsie - of Idac, die afgetrede regter, Joseph Raulinga het bevestig dat sy kantoor klagtes ondersoek teen verskeie senior amptenare van dié instelling. Hy wou hulle egter nie identifiseer nie, en sê die integriteit van die ondersoekproses vereis dat alle betrokke partye beskerm word. Die aanstelling van die ombud volg na bewerings voor die Madlanga-kommissie oor wangedrag en magsmisbruik deur sekere senior Idac-amptenare. Raulinga het gepraat by 'n mediakonferensie in Pretoria. Ons praat nou met 'n politieke ontleder van die Noordwes Universiteit se Sakeskool, Professor Andre Duvenhage..

06:44

Geen gevaar vir die publiek ná radioaktiewe besmetting by Koeberg

Die Minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, het Suid-Afrikaners gerus gestel dat drie afsonderlike voorvalle van radioaktiewe besmetting by die Koeberg-kernkragsentrale, nie 'n gevaar vir die publiek inhou nie. Volgens Ramokgopa was die voorvalle beperk tot Eenheid 2, waar instandhoudingswerk plaasgevind het. Die voorsitter van die Eskom-raad, Mteto Nyati, sê Koeberg se Eenheid 2 sal eers weer in werking gestel word, nadat alle veiligheidsvereistes nagekom is. Die energiekenner Corneels Schabbort het op Monitor ook die versekering gegee dat die publiek nie in gevaar is nie, en verduidelik presies hoe dinge skeef geloop het…..

08:11

Staak AARTO onmiddelik sê OUTA. 

Die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA , het die hof op 'n dringende basis genader met 'n aansoek om die tweede fase van die implementering van die Aarto-stelsel, stop te sit. Die Administratiewe beregting van Padverkeersoortredings het op 1 Julie na 60 munisipaliteite uitgebrei. Maar OUTA sê die implementering van dié wetgewing en sy stelsels is voortydig, omdat die regering nog nie die maatreëls wat padverbruikers wettiglik beskerm, in plek het nie. Advokaat Stefanie Fick is OUTA se hoof van verantwoordbaarheid en het op Monitor uitgebrei oor die hofgeding. 

05:38

Die Good Party voel burgemeester is sleg vir Nelson Mandela Baai-metro

'n Derde mosie van wantroue is teen die burgemeester van die Nelson Mandelabaai Metro in die Oos-Kaap, Babalwa Lobishe ingedien. Dié mosie is deur die GOOD-party ter tafel gelê, omdat Lobishe glo NIE beslissende leierskap bied, te midde 'n groot diensleweringskrisis nie. Die Tesourie het ook besluit om die Metro se billike aandeel-toelae vir Julie terug te hou. Raadslid Lawrence Troon van die GOOD-party wat die mosie dryf, het op Monitor daaroor gepraat. 

05:43

Die skrap van KI-kontrole beteken nie 'n "Free For All" vir studente nie, se KOVSIES

Die Universiteit van die Vrystaat het pas die gebruik van sy Kunsmatige Intellegensie-opsporing-sagteware gestaak weens kommer oor akkuraatheid. Die universiteit beweer dat die KI-opsporing nie betroubaar genoeg is om tussen mens en KI-geskrewe werk te onderskei nie. Die universiteit se hy sal voortaan eerder steun op akademiese oordeel, deeglike assessering en die verantwoordelike gebruik van KI. Prof Francois Strydom, senior direkteur by die Sentrum vir Onderrig en Leer aan die Universiteit van die Vrystaat het op Monitor hieroor gepraat.

08:53

Hoekom die gevaarligte weer flikker rondom die petrolprys en ons ekonomie, danksy die Midde-Ooste

Die Wêreld Bank het reeds aan die begin van Julie sy internasionale groei-vooruitsig afwaarts gewysig na 2-komma-5 persent vir 2026. Dit is die swakste vertoning sedert die Covid-pandemie, en het op 'n tydstip gekom toe daar nog sprake was van 'n permanente skietstaking tussen die VSA en Iran. Die twee is tans nog gewikkel in wedersydse aanvalle op mekaar, en in die streek. Dit terwyl Donald Trump, op 'n byna daaglikse basis, sy benadering tot die konflik verander. Wat beteken die onsekerheid vir wereld ekonomiese groei vir die res van die jaar en watter impak sal dit oor die korttermyn hier in Suid-Afrika he? Dawie Roodt is die hoof ekonoom by die Efficient-Groep en het aan Monitor verduidelik waarop hy fokus as aanduiding vir wanneer dinge spoedig kan vererger. 

06:34

Daar is niks ongehoords daaraan dat honderde Afrikaner-“vlugtelinge” deur die VSA afgekeer is nie

Honderde mense wat 'n nuwe lewe in Amerika onder die VSA se Afrikaner Vlugteling Program wou begin, se aansoeke is na maande afgekeur. Hulle is glo op 30 Junie daarvan in kennis gestel. Die aansoekers is om uiteenlopende redes afgekeur. Ons het by Solidariteit se hoof van Openbare Skakeling, Jaco Kleynhans gaan kers opsteek oor die redes wat verskaf is en of daar enige ondersteuning gebied sal word aan die wat reeds hulle werk opgegee het, of bates verkoop het, met die vooruitsig van ‘n nuwe lewe in Amerika.

05:08

Bek-en-Klouseer skikking: Alles wat jy moet weet

Die nuwe minister van landbou, Willie Aucamp, het binne 'n week na hy die leisels oorgeneem het, 'n skikkingsooreenkoms bereik met organisasies wat die departement hof toe gesleep het oor die regering se bek-en-klouseer-inentingsprogram. Ons het op Monitor met net mooi elke rolspeler gepraat, insluitend die minister self. 

17:03

Werkgewers kan tronk toe vir versuim om pensioengeld oor te betaal

Die Finansiële Sektor Oortredingsowerheid beplan om werkgewers, wat versuim om werknemers se pensioenfondse oor te betaal, behoorlik vas te vat. Op die owerheid se jongste lys van oortreders is daar 16-duisend maatskappye wat versuim het om die betalings te maak, met meer as 8-komma-3 miljard rand wat aan pensioenfondse in Suid-Afrika geskuld word. Marius Croucamp, die adjunk-hoofsekretaris by Solidariteit, het op Monitor hieroor gepraat.  

05:53

Die regering en March and March begin mekaar vind

Ons het op Monitor met die minister van binnelandse sake, Dr Leon Schreiber gepraat sodat hy kon verduidelik watter hevormings tans in die uitvoer van die immigrasie-beleid gebeur weens die maande-lange protes-optogte teen onwettige immigrasie. Die leier van March and March, Jacinta Ngobese-Zuma het ook aan ons verduidelik hoe die huidige veranderinge strook met hulle eise en hoekom hulle dit nodig ag om aan te hou met weeklikse optogte.   

16:38

Kan jy bekostig om drie jaar te wag vir werkloosheidsversekering? 

Business Unity South Africa, oftewel BUSA , blyk op die oorlogspad te wees met die Werkloosheidsversekerings Fonds. BUSA, wat in 'n raadgewende posisie tussen die sakewêreld en die regering sit, het sy plek prysgegee op die Raad van die Fonds. Die instelling se versuim om na ses jaar 'n situasie van swak bestuur om te keer, lê agter die besluit. BUSA se hoof van Maatskaplike en Arbeids-beleid, Saneliswe Jantjies het aan Monitor verduidelik wat die gevolge vir werklose Suid Afrikaners is van swak bestuur by die instelling.   

08:54

Gaan tesourie se plan werk om munisipaliteite reg te ruk?

Die Nasionale Tesourie sê munisipaliteite kan weer toegang kry tot hulle billike toekennings-betalings mits hulle met 'n behoorlike begrotingsplan vorendag kom. Die Tesourie het daad by die woord gevoeg deur billike toekennings-betalings aan minstens 60 munisipaliteite vir Julie, te weerhou. Volgens die Tesourie doen hy dit om fiskale dissipline in munisipaliteite af te dwing en ongemagtigde onreëlmatige en vrugtelose uitgawes te bekamp. Ogalaletseng Gaarekwe die adjunk direkteur van die Inter Regerings verhoudings departement van die Tesourie  sê dat munisipaliteite 'n behoorlike begrotingsplan moet voorle om hulle fondse te kry

09:54

Die weermag het tot vandag tyd om te veruidelik hoekom soldate in 'Ebola Kwarantyn' geplaas is. 

Sowat 350 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat diens gedoen het in die Demokratiese Republiek die Kongo, en in kwarantyn is by die De Brug-basis buite Bloemfontein, bly glo in haglike omstandighede. Hulle slaap in verflenterde tente, daar is nie genoeg toilette nie en hulle kry nie genoeg kos om te eet nie. Die nasionale sekretaris van die weermagvakbond, SANWU, Pikkie Greeff sê hulle het die leierskap van die weermag tot vandag tyd gegee om te verhoed dat die kwessie in die hof draai. 

05:08

Groenewald: 'Buitelanders' in ons tronke kan eers teen die einde van die jaar gerepatrieër word.

Die Minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald, het verlede jaar die kwessie oor die derduisende buitelanders in Suid-Afrikaanse tronke geopper en werk sedertdien aktief aan 'n plan vir hulle repatriasie. Intussen, eis die MK-Party dat alle buitelandse gevangenes wat die belastingbetaler miljoene rand per dag kos, teen Erfenisdag - 24 September - gerepatrieer word. Ons het op Monitor by die minister gehoor dat die MK-Party se sperdatum beslis nie gehaal sal word nie, want ooreenkomste moet bereik word en wysigings moet aan wetgewing aangebring word.  

07:42

"Vir wie gaan julle nou kwaad wees?"Vra Dr. Imtiaz Sooliman stigter van Gift of the Givers

Die kwessie van onwettige immigrasie bly landwyd in die kollig.  Duisende buitelanders staan steeds tou om na hul lande van herkomsterug te keer uit vrees vir hul veiligheid ná betogings teen ongedokumenteerde buitelanders in Suid-Afrika.  In Kaapstad, is die humanitêre groep - Gift of the Givers - bekommered oor ontheemde mense wat uit hul gemeenskappe gevlug het. Die organisasie se stigter, Dr. Imtiaz Sooliman vertel...

05:48

"Daar is reeds baie vermag sedert die begin van die Madlanga Kommissie " sê Advokaat Glynis Breytenbach

Dit is vandag presies 'n jaar sedert die polisie-kommissaris van Kwa-Zulu Natal luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi bewerings by 'n media konferensie gemaak het dat die Suid Afrikaanse polisie diens veral die top bestuur deur misdadigers geinfiltreer is. Sedertdien het soortgelyke onthullings ook by die Madlanga-kommissie navore gekom. Om meer hieroor te praat sluit die DA-LP en lid van die ad hoc-komitee oor polisiekorrupsie in die parlement, advokaat Glynis Breytenbach is optimisties oor wat uit die gebeure gaan kom

06:40

Hoe lyk SA ‘n jaar na Mkhwanazi se onthullings? 

Op 6 Julie 2025 het KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi, die land laat regop sit het met sy bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die polisiediens. Sedertdien het koppe gerol en 'n aantal sake van onder meer bedrog, omkopery en geldwassery is tans voor die hof. Suid Afrike se hele regstelsel is steeds onder die vergrootglas as gevolg van sy optrede presies 'n jaar gelede. Die onafhanklike polisie-ontleder, Chris de Kock, het op Monitor sy perspektief gedeel oor die impak wat lt.genl. Nhlanhla Mkhwanazi se onthullings reeds gehad het.  

07:18

Meer as 2000 oortollige sterftes binne 'n week weens Europese hittegolf

Die Verenigde Nasies se weer-agentskap beskryf die rekord-temperature in Europa en Brittanje as buitengewoon. Kort op die hakke van Mei se rekord-temperature, het hittegolwe in Junie die somer-rekords verpletter, al is Julie eintlik die warmste maand. En nóg 'n hittegolf het nou wéér toegeslaan. Ons het op Monitor met Francois Engelbrecht, 'n professor in Klimatologie en die direkteur van die Global Change Institute gepraat.   

07:55

Dis hoe Nigerië vergoeding kan eis vir repatriasies. 

Die Nigeriese regering gaan druk op Suid Afrika uitoefen vir die vergoeding van eiendom wat hulle landsburgers moes prysgee in die repatriasie-proses terug na Lagos, te midde van die huidige veldtog teen ongedokumenteerde immigrante. Sover het die Nigeriese regering meer as 600 van hul landsburgers uit vrees vir geweld hier in Suid Afrika gerepatrieer. Maar kan 'n regering namens sy burgers vergoeding eis, en hoe sou so 'n proses plaasvind? Die menseregte prokureur en direkteur van Public Interest Practice, Jakob Van Gaarderen, het aan Monitor verduidelik.   

09:10

Parlimentslid soek antwoorde by die polisie oor agterstand met die verwerking van DNS monsters

 'n Agterstand van sowat 250-duisend DNS monsters. DIT is hoeveel DNS-monsters nog nié deur die polisie se forensiese wetenskaps- en biologiese laboratorium verwerk is nie. Dit sluit tussen 30- en 50-duisend misdaad-toneel DNS-monsters in wat steeds nie geprosesseer is nie, en meer as 200-duisend kruisverwante DNS-indeks-monsters. Die voorsitter van die parlement se portefeuljekomitee vir polisie, Ian Cameron, soek antwoorde by die grootkoppe van die polisie hieroor, 

09:52

Alles wat jy moet weet van die 2026-belastingseisoen

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens hoop om vanjaar sowat ses miljoen outomatiese assessering te doen. Dit is wanneer belastingbetalers se opgawes outomaties ingevul word. Vir die res begin die tradisionele inhandiging van opgawes op 13 Julie. Maar waaroor moet jy hierdie belastingseisoen op die uitkyk wees? Megan Landers, die mede-direkteur van die firma, AJM het aan Monitor verduidelik.   

04:04

Wat is n geskikte tronkstraf vir Cat Matlala?

Die tenderpreneur, Vusimusi “Cat” Matlala sal tot ten minste 13 Julie moet wag om te hoor hoeveel tronkstraf hy gaan uitdien vir sy rol in die korrupte verkryging van die 360-miljoen rand Medicare24 kontrak by die SAPS. Landdros Ignatius Du Preez van die gespesialiseerde kommersiele misdaad hof in Pretoria het die aanvanklike pleit-en-vonnis ooreenkoms van die hand gewys. Hy het 'n swaarder vonnis aanbeveel. Hoe ongewoon is so 'n bevinding in ons strafregstelsel? 'n Kenner op die gebied, senior advokaat, Francois Botes het met Monitor hieroor gepraat. 

05:06

LIVE CABINET ZUMS ONDERHOUD

Hoekom weer vir Dina Pule aanstel as minister as sy uit Jacob Zuma se adminstrasie geskors is omdat sy gejok het. Dit is die vraag van 'n Sosiale Innovasie kundige verbonde aan die Civi-novus Sosiale Innovasie Internasionale Kennissentrum, Professor Erwin Schwella in reaksie op die veranderinge aan die kabinet wat die president aangekondig het. 

07:47

Derde mag agter betogings teen buitelanders sê minister

DIe waarnemende  minister van polisie Firoz Cachalia is van mening dat daar 'n politieke dryf agter die beweging is om onwettige buitelanders uit die land te verdryf, en dat die dreigement van betogings elke Donderdag tot en met die verkiesings vir hom verdag is.   Prof Piet Croukamp van die Noordwes Unversiteit sê waar daar 'n rokie trek... 

12:54

Allan Boesak: Israel sit agter die March and March beweging

Wat begin het as ‘n onderhoud oor oud-President Thabo Mbeki se mening dat ’n teen-revolusionêre mag agter die land se immigrasie-protesoptogte sit, het verander in 'n direkte aantyging deur die teoloog en aktivis Allan Boesak, dat Israel March and March gebruik om onbestendigheid te veroorsaak in die Ramaphosa-administrasie. Luister en deel jou mening.       

09:54

Hill-Lewis: Steenhuisen mag dalk kwaad wees maar hy moet voortgaan met sy werk

Die DA leier Geordin Hill-Lewis het die mening met Monitor gedeel na n onderhoud toegstaan is deur sy voorganger John Steenhuisen waarin hy talle dinge kwytraak insluitend dat Hill-Lewis hom uitgelewer het aan die sogenaamde Afri-MAGA wat Steenhuisen se veldtog gedryf het teen sy aanstelling as Landbou Minister. Hill-Lewis het ook sy tevredenheid uitgespreek met die cabinet-skommeling deur President Cyril Ramaphosa wat in lyn is met die versoek wat hy gemaak het. Luister ook vir sy mening oor die oud-DA-leier Tony Leon se verweer dat daar niks onderduims is in die aanvra van vergaderings tussen DA kabinetslede en die maatskapye wat Leon verteenwoordig nie.   

08:49

30 Junie: Die groot toets van ons demokrasie. 

In hierdie uitsending van Brandpunt doen ons 'n samevatting van die dag se gebeurtenisse wat die organisasie, March and March se betogings teen onwettige immigrasie betref. Ons hoor ook hoe die oud-president Thabo Mbeki sy mening deel dat wat tans in die land aan die gebeur is, niks met Suid Afrikaanse xeonofobie te doen het nie, maar eintlik deur buite agente gekoordineer word. Nie alle ontleders van die situasie stem saam nie. Luister en deel gerus jou mening hieroor. 

15:51

Wie is volgende in die spêrvuur van haat? "Wonder Ian Cameron na landwye betogings teen onwettige buitelanders...

Die voorsitter van die Parlement se Portefeulje-komitee vir Polisie, Ian Cameron van die DA wil steeds weet hoekom 'n groep mense in die land toegelaat word om paniek te saai en die vrede van 'n nasie te versteur. Cameron sê groepe soos March en March en Operasie Dudula kan nie al die eise stel en paniek saai en geweld aanhits soos hulle wil nie. 

05:04
Close

No one likes ads!

Switch to our ad-free tier today and get unlimited access to live TV / Radio, VOD, AOD and Catch Up content with zero commercial breaks.

Save video to ...